‘Al­taar’ stem jou tot na­den­ke

Se­we ver­ha­le van die 18de eeu tot 2082 word in me­kaar ver­weef

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man Mi­ran­da S­choltz Ce­dar Jou­bert Tot Sa­ter­dag. Dit is ook van 18 tot 22 Ju­lie op die Vry­staat Kuns­te­fees te sien.

La­er­skool Nel­spruit

,,,, Met die te­a­ter­skep­pers Hen­nie van G­reu­nen en Ni­co S­chee­pers aan die s­tuur van Al­taar is die ver­wag­tin­ge groot.

Met die teks en re­gie in dié hoogs vi­su­e­le te­a­ter­stuk, waar die skoon­heid van ver­skil­len­de plaas­li­ke kul­tu­re en ta­le saam­smelt, is daar toe aan die ver­wag­tin­ge vol­doen.

Met die in­trap­slag be­to­wer die stel. Dit is ’n ver­val­le huis waar daar lank ge­le­de le­we on­der die stof was. ’n Mens kan ’n ma­gie­se stem­ming aan­voel.

Die ak­teurs (met on­der an­de­re Cry­stal Don­na Ro­berts en Chris­tia Vis­ser) is in die pas met me­kaar.

’n Mens moet eg­ter fyn luis­ter. Dis nie die mak­lik­ste sto­rie om te volg nie.

Daar is se­we ver­skil­len­de ver­ha­le ver­vleg wat met be­hulp van be­we­ging, dra­ma en mu­siek ver­tel word. Die sto­rie­lyn het so­veel fa­set­te en ver­ras­sings dat ’n mens nie eint­lik ’n voor­spel­ling e­ni­ge kant toe kan waag nie. Dit is juis die won­der daar­van.

Dit be­gin in die toe­koms waar Ro­berts se ka­rak­ter glo sy is die e­nig­ste le­wen­de mens oor op die aar­de. Sy storm by hier­die huis in op soek na kos. Dan hoor sy ’n stem.

Dié stem wil haar dan ’n sto­rie ver­tel. En só volg ’n klomp prik­ke­len­de sto­ries in ver­skil­len­de tyd­per­ke oor ver­skil­len­de ge­slag­te heen van ru­weg die 18de eeu tot 2082.

Dit blyk die aard van die mens is baie die­self­de, on­ge­ag die tyd­vak waar­in hy leef. Dis ’n sto­rie wat jou voor ’n vraag of twee te staan bring oor die toe- koms in hier­die land.

Die mu­siek (ge­kom­po­neer deur Pe­dro Kru­ger), die stem­me en ’n knap re­gis­seurs­hand maak dit ’n baie sterk pro­duk­sie, al is jy as te­a­ter­gan­ger mis­kien nie se­ker van jou eie af­lei­dings en in­ter­pre­ta­sies nie. Tog stap ’n mens ge­wis daar uit met ’n paar din­ge om oor te dink.

Die an­der spe­lers is Oa­ra­bi­le Dit­se­le, Hein­rich Fran­se, Si­ve Gu­bangxa, Car­la S­mith en An­dré Ter­blan­ché.

Wat het ge­hoor­le­de ge­dink? Die to­neel­spel is uit­ste­kend, en jy moes baie kop­hou. Dit gaan hier oor daai tyd­loos­heid van die mens se voort­du­ren­de soe­ke na wie hy eint­lik is. Chris­tia Vis­ser is so veel­sy­dig vir haar ou­der­dom. Sy is haar tyd eint­lik voor­uit. Cry­stal Don­na Ro­berts ook. Ek sal men­se aan­moe­dig om te kom kyk, ver­al jon­ger men­se. Dit sal ook van die spe­si­fie­ke mens af­hang. Nie al­mal sal van al­les hier­in hou nie. Ek dink el­ke per­soon in die ge­hoor sou iets an­ders daar­uit kon huis toe neem. Baie men­se kan daar­by aan­klank vind.

Die stuk was baie on­voor­spel­baar. As jy dalk ge­dink het mis­kien werk ons nou in hier­die rig­ting, dan spring dit in ’n an­der rig­ting. In daar­die op­sig het dit jou ge­boei, wat goed is.

In ’n sta­di­um, hier na die ein­de se kant toe, het ek be­gin won­der: Het ek reg ge­dink, of moet ek nou heel­te­mal in ’n an­der rig­ting be­gin dink? Dit het jou kop nog­al be­sig ge­hou. )

Fo­to: ODETTE HARTZENBERG

Cry­stal Don­na Ro­berts in Al­taar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.