Gees van Gra­ham­stad te vin­de in te­a­ters

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ma­ri­a­na Ma­lan

Die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees in Gra­ham­stad bly in Gra­ham­stad. Die in­vloed van die fees op die pro­vin­sie is so­wat R377 mil­joen per jaar en in die dorp self so­wat R94 mil­joen, sê To­ny Lan­ke­ster, hoof­be­stuur­der van die fees.

“Dis be­lang­rik vir plaas­li­ke in­wo­ners dat die fees voort­gaan. Die werk­loos­heid­sy­fer in die stad is hoog. Vir som­mi­ge van die 400 men­se wat ge­du­ren­de die fees­tyd in diens ge­neem word, is dit hul e­nig­ste in­kom­ste vir die jaar. Die fees mag ’n speel­plek vir kuns­te­naars en ge­ho­re wees, maar vir an­der men­se is dit ’n red­dings­boei.”

Meer gaan in die toe­koms ge­doen word om die an­der ta­le in Suid-A­fri­ka te be­trek en vir sa­me­wer­king met an­der kuns­te­fees­te in die land so­dat al­mal voor­deel kan trek uit wat be­skik­baar is, het Ashraf Jo­haar­dien, uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger van die fees, ge­sê. Daar gaan ook ge­kyk word na gro­ter in­ter­na­si­o­na­le deel­na­me.

Jo­haar­dien het ook re­a­geer op ’n ver­kla­ring wat Mark Ro­se-Chris­tie, to­we­naar, go­ë­laar en or­ga­ni­seer­der van spook­toe­re, vroe­ër van­dees­week uit­ge­reik het waar­in ge­sê word die fees is dees­dae son­der gees.

“Gees kom teen ’n prys. Die wê­reld ver­an­der en daar kom aan­pas­sings van die kant van ge­ho­re en kuns­te­naars. Kos­te en fi­nan­sies speel ’n rol. Dit ver­an­der pa­tro­ne van by­wo­ning,” het Jo­haar­dien ge­sê.

Lan­ke­ster het ge­sê tye ver­an­der. “Men­se kan soms só vas­ge­vang word in nos­tal­gie dat hul­le nie die hui­di­ge ge­niet nie.

“Ons be­sig­heid is kuns en ons eer­ste ver­ant­woor­de­lik­heid lê by die kuns­te­naars en die ge­ho­re. Ek dink die om­vang van die gees op die fees lê nou in die by­wo­ning van pro­duk­sies.”

Vol­gens Jo­haar­dien is hul­le trots op die om­vang van die fees van­jaar. Hul­le moes weens die da­tums van die skool­va­kan­sie die pro­gram om­swaai om­dat se­ke­re lo­ka­le nog nie be­skik­baar was toe die fees be­gin het nie.

“Ons het van­jaar be­spre­kings ’n maand vroe­ër oop­ge­maak en is te­vre­de met hoe be­spre­kings ver­loop het.”

Op ’n vraag of die fees nie in die toe­koms meer gra­tis en o­pe­lug­pro­duk­sies sal aan­bied nie, het Jo­haar­dien ge­sê hul­le sal eer­der daar­aan dink om men­se te laat be­taal wat hul­le kan be­kos­tig.

Oor die be­trok­ken­heid van die me­dia by die fees het Lan­ke­ster ge­sê die fees­be­stuur en Bu­si­ness and Arts South A­fri­ca (Ba­sa) het die af­ge­lo­pe vier jaar ’n kuns­te­ver­slag­ge­wer van die jaar aan­ge­wys. Hy weet nie of hul­le hier­mee sal voort­gaan nie.

“Dalk kan ons kuns­te­joer­na­lis­tiek op ’n be­ter ma­nier dien. Die prys­geld en geld vir ’n ont­haal kan dalk eer­der vir ’n beurs aan­ge­wend word.”

Ashraf Jo­haar­dien is die uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger van die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.