A­von­tu­re met gees­drif be­groet

Beeld - - Kuns & Vermaak - La­e­ti­tia Pop­le

Drie kin­ders, ’n saai dor­pie en wak­ker ver­beel­dings. Dit is die ge­ge­we vir me­ni­ge a­von­tu­re wat al klas­sie­ke sta­tus be­reik het in die A­fri­kaan­se li­te­ra­tuur – dink aan Trom­pie, Jas­per, Saar­tjie en Die Ui­le.

Die A­fri­kaan­se speel­fliek Nul is nie niks nie, wat ge­skiet is in ’n klein dor­pie in M­pu­ma­lan­ga, be­gin van­dag draai. Dit is ge­re­gis­seer deur Mor­né du Toit, be­kend om die prent Hoof­mei­sie.

Sy jong­ste prent be­lig ge­wig­ti­ge sa­ke soos kan­ker, die dood van ’n ou­er en boe­lies. Dit speel af in Wa­ter­val-Bo­ven. Die hoof­ka­rak­ter is die wis­kun­de- bof­fin Mar­tin “Hoen­der” (Ja­den van der Mer­we) wie se pa pas oor­le­de is. Hy, sy ma en sus­ter suk­kel om die ver­lies te ver­werk. Hy maak lang­saam vrien­de met die nu­we in­trek­ker langs­aan, D­ri­kus (Pie­ter Louw). Sy nu­we maat het eg­ter Hodg­kin­siek­te en koes­ter die droom om voor­dat hy sterf ’n zom­bie­fliek te maak.

Mar­tin, wat nog suk­kel om sy pa se dood te ver­werk, skuif sy eie pro­ble­me op­sy en met die hulp van die on­der­ne­men­de Chris (Da­ni­ah de Vil­liers) maak hul­le saam werk daar­van om D­ri­kus se droom te be­waar­heid. Dan moet hul­le nog boe­lies by die skool trot­seer én die a­mok van ’n plaas­li­ke ben­de mis­da­di­gers.

Nul is nie niks nie is ge­grond op die ge­wil­de kin­der­boek­skry­wer Jaco Ja­cobs se Oor ’n mo­tor­fiets, ’n zom­bie­fliek en lang ge­tal­le wat deur elf ge­deel kan word. Li­zè Vos­loo het die ro­man as draai­boek ver­werk.

Dié op­beu­ren­de maar ook iet­wat don­ker ko­mie­se prent is on­langs ge­du­ren­de ’n rits be­taal­de spe­si­a­le voor­skoue in aan­loop tot die o­pe­ning van die rol­prent, met groot gees­drif deur fliek­gan­gers be­groet.

“Ons ge­mid­del­de van dié me­nings­op­na­me in die be­taal­de voor­skoue was 6% ho­ër as Se­mi­soet se ge­mid­deld en 8% ho­ër as S­trik­das s’n en die ge­ho­re was gek daar­na,” het He­len Kuun, hoof van die ver­sprei­der In­di­ge­nous Film Dis­tri­bu­ti­on, ge­sê. “Ons is vrees­lik op­ge­won­de oor die rol­prent, ver­al om­dat die uit­mun­ten­de spel van die jong spe­lers le­we blaas in die ver­maak­li­ke dog aan­gry­pen­de sto­rie.”

Kuun be­stem­pel die prent as “’n wa­re ju­weel­tjie van ’n rol­prent, prop­vol e­ner­gie, warm­te en ge­vat­te di­a­loog”.

An­der spe­lers is An­toi­net­te Louw as Hoen­der se ma en Rei­ne Swart as sy sus­ter.

Da­ni­ah de Vil­liers, Pie­ter Louw en Ja­den van der Mer­we in ’n to­neel uit die rol­prent Nul is nie Niks nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.