Groot ba­klei­e­ry oor Re­ser­we­bank wag in hof op OB

Beeld - - Sake - Vi­da Booy­sen en Han­lie S­tad­ler

Die moe­der van al­le hof­ge­veg­te is waar­skyn­lik adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, die o­pen­ba­re be­sker­mer, se voor­land.

Sy is van plan om die hof­ge­din­ge teen te staan wat on­der meer die Re­ser­we­bank, die par­le­ment, Ab­sa en Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, in­ge­stel het.

In al die ge­din­ge word haar be­vin­dings en aan­be­ve­lings in die on­der­soek na of Ab­sa geld aan die Re­ser­we­bank skuld, be­vraag­te­ken.

Die sen­tra­le bank het in die 1990’s ’n red­dings­boei na die bank­groep Ban­korp ge­gooi om hom van on­der­gang te red. Ab­sa het Ban­korp la­ter ge­koop.

In haar ver­slag het die OB aan­be­veel dat die Re­ser­we­bank se man­daat aan­ge­pas word om te fo­kus op e­ko­no­mie­se groei en trans­for­ma­sie eer­der as op be­heer oor in­fla­sie.

Sy het ook aan­be­veel dat die Re­ser­we­bank reg­streeks aan die par­le­ment ver­slag doen en nie, soos nou, aan die mi­nis­ter van fi­nan­sies nie.

Mkhwe­ba­ne sê in ’n ver­kla­ring wat gis­ter uit­ge­reik is sy word “mis­ver­staan”.

Sy sê sy het glad nie in­ge­meng in die on­af­hank­lik­heid van die par­le­ment deur aan te be­veel die Re­ser­we­bank se man­daat word aan­ge­pas nie.

Sy sê haar aan­be­ve­lings be­te­ken ook nie dat sy die Grond­wet wil aan­pas nie, maar dat sy aan­be­veel dat die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor die reg­stel­sel en kor­rek­tie­we diens­te die pro­ses “be­gin”.

Sy gaan vol­gen­de week haar ant­woor­den­de ver­kla­ring by die hof in­dien.

Sy voer in haar ver­kla­ring aan die OB is in­ge­vol­ge art. 182(1)(c) van die Grond­wet ge­mag­tig om aan­be­ve­lings te doen waar on­reg­ma­ti­ge op­tre­de gei­den­ti­fi­seer word.

In­tus­sen bly be­leg­gers en rol­spe­lers in die sa­ke­sek­tor skrik­ke­rig oor die woe­lin­ge wat moont­lik op ’n ge­veg om po­li­tie­ke be­heer oor die Re­ser­we­bank af­stuur.

Gis­ter het die rand tot ’n laag­te­punt oor se­we maan­de ver­swak na­dat ’n voor­stel op die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie ge­maak is dat die Re­ser­we­bank ge­na­si­o­na­li­seer word.

Suid-A­fri­kaan­se staats­ef­fek­te stei­er ook weens die swak­ker rand en die op­brengs op die R186 kruip al hoe na­der aan 9%, sy swak­ste vlak se­dert be­gin A­pril.

Die re­ge­ring en e­ko­no­mie­se ont­le­ders pro­beer in­tus­sen vu­re dood­slaan.

P­hil­lip Pe­ar­ce, ’n han­de­laar van T­re­a­su­ryO­ne, sê die mark se “skok en af­gry­se” oor die ver­meen­de aan­slag op die Re­ser­we­bank is oor­dre­we. Dit is glad nie so ’n ra­di­ka­le voor­stel nie – van die 230 sen­tra­le ban­ke in die wê­reld is min­der as 2% in pri­va­te be­sit. Laat ons dit dui­de­lik stel: Ei­e­naar­skap en on­af­hank­lik­heid is twee af­son­der­li­ke din­ge,” sê hy.

Die ANC se E­noch Go­dong­wa­na het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê dit is on­re­ël­ma­tig dat ’n instelling soos die Re­ser­we­bank steeds in pri­va­te be­sit is en dat sy on­af­hank­lik­heid ge­waar­borg be­hoort te word.

Die Re­ser­we­bank self sê ’n ver­an­de­ring aan sy aan­deel­hou­ding gaan nie sy man­daat ver­an­der nie.

Ras­haad Ta­yob, por­te­feul­je­be­stuur­der van A­bax In­ves­t­ments, sê be­leg­gers is se­nu­wee­ag­tig om­dat die man­daat van die bank be­vraag­te­ken en ge­tei­ken is “op ’n baie po­li­tie­ke ma­nier”, be­rig Bloom­berg.

“Men­se ver­war ei­e­naar­skap van die Re­ser­we­bank met be­heer daar­van. Maar die kwes­sie kom weer voor en dit wys dat die ba­lans van be­leid weg­be­weeg van die tra­di­si­o­ne­le raam­werk,” sê Ta­yob.

Die pri­va­te ei­e­naar­skap van die Re­ser­we­bank het in die ver­le­de al ge­reeld on­der kri­tiek van ver­al die vak­bon­de deur­ge­loop, soos ook sy man­daat om in­fla­sie te tei­ken.

Ont­le­ders ver­wag dat die stryd om die be­heer van die Re­ser­we­bank in fel­heid sal toe­neem in die aan­loop tot die ANC se na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie ein­de van­jaar.

Daar sal waar­skyn­lik in die aan­loop tot die kon­fe­ren­sie ro­buus­te o­pen­ba­re de­bat oor die man­daat en on­af­hank­lik­heid van die Re­ser­we­bank ge­voer word.

Die pri­va­te ei­e­naar­skap is ’n on­re­ël­ma­tig­heid, het Ta­yob ge­sê.

“As hul­le dit net uit die pad kry, sal die sen­tra­le bank deur die re­ge­ring be­sit word soos e­ni­ge an­der sen­tra­le bank, en sal dit ’n po­ten­si­eel ne­ga­tie­we fak­tor ver­wy­der wat kri­ti­ci kan ge­bruik om die in­te­gri­teit van die Re­ser­we­bank te be­vraag­te­ken.”

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.