Be­las­ting: Jy gaan lan­ger wag op jou te­rug­be­ta­ling

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) het gis­ter ge­maan dat be­las­ting­be­ta­lers lan­ger as voor­heen vir te­rug­be­ta­lings gaan wag.

341 356 be­las­ting­be­ta­lers het reeds hul op­ga­wes in­ge­dien, 71% van hul­le deur eFi­ling, se­dert die be­las­ting­sei­soen op 1 Ju­lie ge­o­pen het.

Die SAID sê hy het van­jaar “by­ko­men­de ri­si­ko­maat­re­ëls” in­ge­stel om dood­se­ker te maak ei­se is gel­dig en ak­ku­raat.

“Die SAID het as die fis­kus ’n ver­ant­woor­de­lik­heid jeens so­wel be­las­ting­be­ta­lers om te ver­se­ker dat be­drieg­li­ke en on­gel­di­ge ei­se stop­ge­sit word.”

Die SAID het voor­heen ge­spog dat hy te­rug­be­ta­lings doen bin­ne 72 uur na­dat ’n op­ga­we in­ge­dien is.

Hy maak nou nie meer so ’n be­lof­te nie, maar sê ei­se sal eers uit­be­taal word na­dat al­le SAID-pro­ses­se vol­tooi is. Geld sal “so gou as moont­lik” daar­na uit­be­taal word.

Die waar­sku­wing kom op die­self­de dag dat die be­las­tin­gom­buds­man sy voor­lo­pi­ge ver­slag vol­tooi het oor of die SAID die te­rug­be­ta­ling van be­las­ting doel­be­wus ver­traag.

Reg­ter Ber­nard N­goe­pe, die om­buds­man, laat in ’n ver­kla­ring nie die aap uit die mou oor sy kan­toor se on­der­soek na die saak nie.

N­goe­pe sê wel sy voor­lo­pi­ge ver­slag is vol­tooi en ’n af­skrif is Maan­dag aan die SAID ge­gee.

Die SAID moet nou daar­op kom­men­taar le­wer voor­dat ’n fi­na­le ver­slag saam­ge­stel sal word.

N­goe­pe ver­wag dat die SAID bin­ne drie we­ke sal re­a­geer.

In Maart is be­rig so­wat ’n maand ná die ein­de van die 2016-’17-boek­jaar moes die SAID nog so­wat 12,5% van al­le ei­se vir be­las­ting op toe­ge­voeg­de waar­de (BTW) uit­be­taal.

Dit het so­wat R19,6 mil­jard be­loop.

Die SAID het toe aan­ge­voer hy moes weens ’n toe­na­me in be­drog stren­ger ri­si­ko­maatreels in­stel.

Jeuk jou han­de vir daar­die be­las­ting­mee­val­ler­tjie? On­ge­luk­kig gaan jy eers moet wag op jou te­rug­be­ta­ling, het die SAID laat weet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.