K­wel­lin­ge

Beeld - - Sake -

Dít be­kom­mer die pri­va­te sek­tor:

1. ’n En­ke­le, een­vor­mi­ge han­dels­merk be­lem­mer die pa­si­ënt se ver­moë om tus­sen o­pen­ba­re en pri­va­te am­bu­lan­se te on­der­skei, en tus­sen ver­skil­len­de pri­va­te am­bu­lans­diens­te. Dit neem die pa­si­ënt se ver­moë weg om sy voor­keur­ver­skaf­fer te i­den­ti­fi­seer en te kies. Dit is soos om ’n pa­si­ënt se reg weg te neem om ’n dok­ter te kies of in wat­ter hos­pi­taal hul­le be­han­del wil word. 2. ’n En­ke­le, staats­be­heer­de op­roep­sen­trum ont­neem die pa­si­ënt se reg om sy voor­keur­ver­skaf­fer reg­streeks in ’n nood­ge­val te kon­tak. 3. ’n En­ke­le, staats­be­heer­de op­roep­sen­trum sal ook kom­mer wek oor of al­le pri­va­te am­bu­lans­diens­te reg­ver­dig aan­ge­wend sal word, en of voor­keur ge­gee sal word aan ’n klein groep pri­va­te am­bu­lans­diens­te wat po­li­tie­ke ban­de mag hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.