E­s­kom: Só word beurt­krag af­ge­weer

Beeld - - Sake Nuus - Han­lie S­tad­ler

E­s­kom het 23 maan­de laas beurt­krag in­ge­stel en is op koers met sy in­stand­hou­dings­pro­gram om te ver­se­ker dat krag­sta­sies op lang ter­myn be­trou­baar is.

Só sê Zet­hem­be K­ho­za, waar­ne­men­de voor­sit­ter van die nuts­maat­skap­py se di­rek­sie, in ’n ver­kla­ring na­dat die nu­we E­s­kom-di­rek­sie ’n twee­daag­se o­ri­ën­te­ring­ses­sie vol­tooi het.

Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het twee we­ke ge­le­de vier nu­we tus­sen­tyd­se di­rek­teu­re aan­ge­stel. Hul aan­stel­ling moet nog deur die ka­bi­net be­krag­tig word.

Die vier sluit aan by nog twee di­rek­teu­re, die voor­sit­ter, uit­voe­ren­de hoof en fi­nan­si­ë­le hoof om die E­s­kom-di­rek­sie op ne­ge le­de te staan te bring. Die E­s­kom-di­rek­sie moet na reg­te uit 15 men­se be­staan, vol­gens Bro­wn.

K­ho­za neem as voor­sit­ter waar se­dert dr. Ben N­gu­ba­ne be­dank het te mid­de van die #Gup­taLe­aks-e-pos­skan­daal.

Jim­my Dlad­la is ver­le­de week as waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van die nuts­maat­skap­py aan­ge­stel in die plek van B­ri­an Mo­le­fe, wat sy af­dan­king steeds in die hof be­twis.

Vol­gens K­ho­za het die af­skaf­fing van beurt­krag ge­help dat die oop­si­klus-gas­tur­bi­nes aan­sien­lik min­der ge­bruik word. Dié tur­bi­nes word met die­sel aan­ge­vuur en is een van die duur­ste ma­nie­re om krag op te wek.

Die e­nor­me die­sel­re­ke­ning was in 2014 en 2015 juis een van die re­des vir die nuts­maat­skap­py se fi­nan­si­ë­le pro­ble­me. Die die­sel­re­ke­ning het in 2015 meer as R1 mil­jard per maand be­loop; dit is in­tus­sen tot selfs net R25 mil­joen per maand be­snoei.

K­ho­za sê hul doel­wit is dat 80% van al­le op­wek­kings­ver­moë per­ma­nent be­skik­baar is en 10% vir be­plan­de on­der­houd af­ge­ska­kel is. Voor­sie­ning word daar­voor ge­maak dat 10% vir on­be­plan­de on­der­houd af­ge­ska­kel kan word.

E­s­kom ge­bruik ’n so­ge­naam­de Te­tris-be­plan­nings­me­ga­nis­me, wat die vraag voor­spel en on­der­houds­werk daar­vol­gens ske­du­leer.

In die win­ter word 8,5 GW se op­wek­kings­ver­moë vir on­der­houds­werk af­ge­ska­kel en in die so­mer 11,5 GW.

E­ko­no­me het on­langs daar­op ge­wys dat beurt­krag af­ge­skaf kon word bloot om­dat die vraag na krag af­ge­neem het weens Suid-A­fri­ka se swak e­ko­no­mie­se groei.

In­tus­sen het Suid-A­fri­ka in ’n re­ses­sie ver­val.

Dlad­la en sy uit­voe­ren­de span het Maan­dag met se­ni­or en mid­del­vlak­be­stuur­ders ver­ga­der om Bro­wn en die di­rek­sie se man­daat en ver­wag­tin­ge met hul­le te deel.

Hy gaan oor die vol­gen­de we- ke ook met an­der werk­ne­mers en be­lang­heb­ben­des praat.

Die E­s­kom-di­rek­sie­le­de is Zet­hem­be K­ho­za (waar­ne­men­de voor­sit­ter), John­ny Dlad­la (waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof), A­noj Singh (fi­nan­si­ë­le hoof), dr. Pat Nai­doo, Gi­o­van­ni Le­o­nar­di en die vier nu­we le­de, Pu­la­ne Mo­lo­kwa­ne, Simphi­we Din­gaan, Ba­no­thi­le Mak­hu­be­la en Sa­thi­a­see­lan Goun­den.

Fo­to: VER­SKAF

In die win­ter word 8,5 GW van E­s­kom se op­wek­kings­ver­moë vir on­der­houds­werk af­ge­ska­kel en in die so­mer 11,5 GW.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.