Sa­ke­ver­troue tel ef­fens kop op

Beeld - - Sake Nuus - – Niel Jou­bert

Sa­ke­ver­troue het in Ju­nie ef­fens kop op­ge­tel on­danks die groot po­li­tie­ke en e­ko­no­mie­se on­se­ker­heid in die land.

Die in­deks het met 1,7 pun­te tot 94,9 pun­te ge­styg van­af 93,2 in Mei, vol­gens die Suid­A­fri­kaan­se Ka­mer van Koop­han­del en Ny­wer­heid (SAKKN).

“Ge­ge­we die on­voor­spel­ba­re si­tu­a­sie in die land het die sa­ke­sek­tor veer­krag­tig ge­bly en vol­har­ding be­wys,” sê die SAKKN in ’n ver­kla­ring.

Sa­ke­ver­troue is be­lang­rik om­dat on­der­ne­mings eer­der geld in die bank sal hou as om uit te brei wan­neer hul­le nie ver­troue het in die ma­nier waar­op die land re­geer of die e­ko­no­mie be­stuur word nie.

Die SAKKN sê on­der meer die om­stre­de uit­spra­ke oor die rol van die Re­ser­we­bank en die nu­we myn­bou­hand­ves wat uit­ge­reik is, het tot die on­se­ker­heid by­ge­dra.

Ter wil­le van be­leg­gers­ en sa­ke­ver­troue moet dié on­se­ker­he­de uit die weg ge­ruim word. On­se­ker e­ko­no­mie­se be­leid knou be­leg­gers­ en sa­ke­ver­troue, sê die ka­mer.

“Dit kan daar­toe lei dat die e­ko­no­mie, wat al in ’n re­ses­sie is, ver­der stot­ter. Dit kan weer werk­loos­heid, in­kom­ste­ver­sprei­ding en sty­gen­de ar­moe­de bly­wend raak”

Die ka­mer sê die e­ko­no­mie moet drin­gend weer le­we ge­gee word. “Om­vat­ten­der be­spre­kings oor die e­ko­no­mie­se pad vo­ren­toe is nood­saak­lik voor­dat die on­be­doel­de ge­vol­ge van e­ko­no­mie­se ag­ter­uit­gang, werk­loos­heid en toe­ne­men­de ar­moe­de aan die or­de kom. Dit kan die e­ko­no­mie op die lan­ge duur in ’n struk­tu­re­le strik lei,” sê die SAKKN. “Die sa­ke­sek­tor en huis­hou­dings sal moet glo in die pad vo­ren­toe voor­dat ver­troue sal kan her­stel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.