K­Way: Warm­te in die koue van kle­re­be­dryf

Beeld - - Sake Nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die Ca­pe U­ni­on Mart-groep se fa­briek in Ot­te­ry wat K-Way-kle­re ver­vaar­dig, kry selfs oor­see be­soe­kers in die kle­re­be­dryf wat na sy suk­ses­ver­haal wil kom luis­ter.

K-Way is ’n kle­re­reeks wat Ca­pe U­ni­on Mart in sy win­kels ver­koop.

Bob­by Fai­r­lamb, die fa­brieks­be­stuur­der, ver­tel dit was die pro­fe­tie­se woor­de van die groep se voor­sit­ter, P­hi­lip Kra­witz, 13 jaar ge­le­de oor die kle­re­be­dryf wat hul­le ge­help het om die reg­te pad te kies om te oor­leef.

Fai­r­lamb is in 2004 aan­ge­stel om die ver­lies­ma­ken­de fa­briek te red.

Pro­fe­ties Vol­gens Fai­r­lamb was die ten­dens in 2004 eer­der om fa­brie­ke toe te maak en ver­vaar­di­ging Oos­te toe te ver­skuif.

In daar­die sta­di­um het die be­dryf reeds ge­suk­kel om met C­hi­na mee te ding.

“Al wat hy wou hê, is dat die fa­briek ge­lyk­breek, pos­te be­hou word en dat Ca­pe U­ni­on Mart ’n plaas­li­ke ver­skaf­fer het.

“Hy het toe al ge­glo dit hou groot voor­de­le in om ’n plaas­li­ke ver­skaf­fer te hê.

“Sy woor­de was: ‘Daar gaan uit­ein­de­lik ’n kri­sis in ver­skaf­fing wees . . . C­hi­na gaan een­dag duur­der wees. Ons moet ons eie ver­vaar­di­gers hê.’

“Dit was in 2004 en dit was pro­fe­tie­se woor­de, want C­hi­na hét duur­der ge­word en nou vat dit lan­ger om voor­raad van daar na hier te kry,” sê Fai­r­lamb.

Om­keer­tyd ’n Kort om­keer­tyd is van­dag op al wat kle­re­klein­han­de­laar is se lip­pe.

Die voor­deel daar­van is dat jy in ’n sei­soen die voor­raad wat ge­wild is, vin­ni­ger kan aan­vul.

“Ons kan met trots sê ons doen dit nou bin­ne vier we­ke. Daar is selfs ge­val­le waar dit twee we­ke duur.

“As jy iets uit die Oos­te be­stel, kan dit agt tot 12 we­ke neem om op te daag.

“Soms is die prys nie die e­nig­ste maat­staf nie, maar die ver­moë om aan klan­te te kan gee wat hul­le vra,” ver­dui­de­lik hy.

Nis­mark Kra­witz was ook pro­fe­ties oor die soort kle­re wat hy ge­glo het ’n fa­briek in Suid-A­fri­ka eer­der moet ver­vaar­dig.

Vol­gens Fai­r­lamb het Kra­witz hom aan­ge­moe­dig om op ’n “meer teg­nie­se soort pro­duk” te fo­kus p­leks van kle­re wat mak­lik is om te maak.

“Dis pro­duk­te waar­mee die C­hi­ne­se be­ter is en baie goed mee kan mee­ding.

“Na­dat ons ons teg­no­lo­gie ver­be­ter het, hoogs teg­no­lo­gie­se ma­sjie­ne be­gin ge­bruik het en kle­re be­gin ver­vaar­dig het wat ver­ge­lyk­baar is met soort­ge­ly­ke pro­duk­te el­ders in die wê­reld, het ons be­sef C­hi­na is nie meer so me­de­din­gend nie. Om die waar­heid te sê doen ons dit be­ter.”

Fai­r­lamb glo an­der ver­vaar­di­gers kom kyk wat die fa­briek om­dat “K-Way teen die stroom in­swem en suk­ses­vol is in ’n be­dryf waar an­der mis­luk”.

“Hul­le kom hier­heen om na die sto­rie van ons reis na ge­stroom­lyn­de ver­vaar­di­ging te luis­ter.”

Twee a­ka­de­mi­ci het in 2005 met die ge­dag­te ge­kom dat die kle­re­be­dryf by die mo­tor­be­dryf oor so ’n be­na­de­ring tot ver­vaar­di­ging kan leer.

Hy sê die be­lang­rik­ste as­pek wat hul­le moes ta­kel, was om die kul­tuur in die kle­re­fa­briek te ver­an­der.

Men­se is daar­om in­ge­lig oor wat in die on­der­ne­ming ge­beur. “Dan be­gin men­se be­sef hul­le is be­lang­rik om­dat hul­le mag weet van die stra­te­gie­se goed wat ons doen.

“In kle­re­fa­brie­ke is die tra­di­si­o­ne­le ma­nier van doen dat jy het ’n bestuurder, ’n paar toe­sig­hou­ers en 200 wer­kers het, maar net drie men­se se brei­ne word ge­bruik. Nou sê ons dan mors jy mos al die an­der brein­krag . . .”

As daar nou iets fout gaan, word ’n pro­bleem­op­los­sing­ses­sie ge­hou.

“Al­mal ont­leed die voor­val om te be­paal wat ge­beur het en wat ge­doen kan word so­dat dit nie weer ge­beur nie.”

Deur­lo­pen­de ver­be­te­ring is ook be­lang­rik.

S­leu­telaan­wy­sers van pres­ta­sie word ge­bruik om el­ke deel van die ver­vaar­di­gings­pro­ses te meet en da­ta word voort­du­rend in­ge­sa­mel.

“Dis klein stap­pies. Van­dag word ’n paar mi­nu­te be­spaar, mô­re net ’n paar se­kon­des, maar aan die ein­de van die jaar het jy agt uur ge­spaar.”

Be­spa­ring Hul­le het by­voor­beeld ja­re ge­le­de be­sef hoe­veel tyd ver­mors word wan­neer van die ver­vaar­di­ging van ’n een­vou­di­ger soort kle­ding­stuk na ’n meer kom­plek­se kle­ding­stuk soos ’n re­ën­jas oor­ge­ska­kel word.

Dit het voor­heen twee dae of 16 uur ge­neem om die fa­brieks­vloer voor te be­rei. Die tyd is stel­sel­ma­tig ver­min­der “van 15 tot 14 uur, en nou is dit ’n uur tot ’n uur en ’n half”.

“Dit is ’n reu­se­ver­skil in pro­duk­ti­wi­teit, want nou sit die per­so­neel nie meer vir twee dae met niks om te doen nie.

“Dit het ons se­we jaar ge­neem en dit hou met deur­lo­pen­de ver­be­te­ring ver­band.”

Hoe­veel pro­duk­tie­wer die fa­briek is, kan ge­sien word in hoe­veel meer kle­ding­stuk­ke ver­vaar­dig word ver­ge­le­ke met hoe­veel meer per­so­neel­le­de be­no­dig is.

In 2004 het hul­le 35 000 kle­ding­stuk­ke ge­maak met so­wat 160 per­so­neel­le­de.

Ver­le­de jaar het hul­le 500 000 kle­ding­stuk­ke ver­vaar­dig en hul­le het nou 244 men­se wat in die fa­briek werk.

“Ons het nie eens ons per­so­neel ver­dub­bel nie, maar het die ge­tal kle­ding­stuk­ke wat ge­maak word, meer as tien keer ver­me­nig­vul­dig. Dit is ’n reu­se­ver­be­te­ring in doel­tref­fend­heid en pro­duk­ti­wi­teit.”

Uit­brei­ding Die K-Way-fa­briek het nou sy vol­le ver­moë be­reik en ge­bruik vier of vyf klei­ner ver­vaar­di­gers van bui­te wat aan 150 men­se werk ver­skaf om vir hom kle­re te ver­vaar­dig.

Vol­gens Fai­r­lamb ver­vaar­dig die fa­briek in Ot­te­ry nou 65% van K-Way se reeks kle­re en die res word in­ge­voer. Toe hy oor­ge­neem het, het die fa­briek net 25% van die reeks ver­vaar­dig.

Nu­we ma­sji­ne­rie Die fa­briek het die af­ge­lo­pe drie of vier jaar mil­joe­ne ran­de be­stee aan nu­we ma­sji­ne­rie, waar­van die de­par­te­ment van han­del en ny­wer­heid ’n groot deel ge­fi­nan­sier het.

Hys ê di tis’ n pro­duk­ti­wi­teit saan­spo­ring wat die Ny­wer­heids­ont­wik­ke­lings­kor­po­ra­sie( NOK) in­ge­stel het.

Die aan­spo­ring word ge­grond op die waar­de wat ge­skep word by ’n pro­duk wat plaas­lik ver­vaar­dig is. Die geld wat ont­vang word, moet aan nu­we ma­sji­ne­rie be­stee word.

Fai­r­lamb sê die staats­hulp vir die be­dryf is van “on­skat­ba­re waar­de”.

An­der ver­vaar­di­gers be­soek K­Way ge­reeld om hul re­sep vir suk­ses eer­ste­hands te aan­skou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.