Huis­pry­se daal al die af­ge­lo­pe 3 maan­de

Beeld - - Sake Nuus - Han­lie S­tad­ler

Die huis­mark voor­spel tans niks goeds vir die e­ko­no­mie nie.

Vol­gens John Loos, FNB se huis­hou­de­li­ke en ei­en­dom­stra­teeg, daal huis­pry­se nou al drie maan­de ag­ter­een­vol­gens (ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge maand).

Dit is ’n be­trek­lik be­trou­ba­re aan­wy­ser dat die e­ko­no­mie aan die suk­kel is – wat kan be­te­ken dat SuidA­fri­ka die der­de ag­ter­een­vol­gen­de kwar­taal in­ge­krimp het.

Die drie maan­de is vir A­pril tot Ju­nie. Sta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka reik eers in Sep­tem­ber die bru­to bin­ne­land­se pro­duk vir die twee­de kwar­taal uit. Die e­ko­no­mie het al in 2016 se laas­te kwar­taal en in 2017 se eer­ste kwar­taal in­ge­krimp, wat be­te­ken die land is al in ’n teg­nie­se re­ses­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.