Re­de­fi­ne be­dry­wig Doer On­der

Groep ver­kry ’n per­seel vir nóg ’n stu­den­te­ver­blyf­ont­wik­ke­ling

Beeld - - Eiendomme Veilings - El­ma Klop­pers

Die ge­no­teer­de Re­de­fi­ne Pro­per­ties het nóg ’n per­seel in Mel­bour­ne in Aus­tra­lië ver­kry vir die ont­wik­ke­ling van stu­den­te­ver­blyf.

Dié soort ver­blyf is be­sig om wê­reld­wyd op­gang te maak as ’n wins­ge­wen­de al­ter­na­tie­we ba­te­klas.

Die nu­we per­seel, in S­wan­ston­straat na­by die Mel­bour­ne-u­ni­ver­si­teit, het die po­ten­si­aal vir ’n ont­wik­ke­ling met tot 700 bed­dens.

Re­de­fi­ne is reeds be­sig met ’n A$139 mil­joen-stu­den­te­ver­blyf­ont­wik­ke­ling, ook in Mel­bour­ne, met 804 bed­dens.

“Ons is daar­op ge­fo­kus om ge­leent­he­de in stra­te­gie­se ge­o­gra­fie­se lig­gings aan te gryp en is op­ge­won­de oor die po­si­tie­we po­ten­si­aal in die stu­den­te­ver­blyf­mark in Aus­tra­lië,” sê Andrew König, uit­voe- ren­de hoof van Re­de­fi­ne.

Daar is ’n be­dui­den­de on­der­aan­bod van stu­den­te­ver­blyf in Mel­bour­ne.

Lui­dens ’n na­vor­sings­ver­slag van JLL is daar 235 000 vol­tyd­se stu­den­te in dié stad, ter­wyl daar slegs 19 200 be­staan­de bed­dens is.

Die nu­we ont­wik­ke­ling gaan na ver­wag­ting A$103 mil­joen kos.

König sê die ont­wik­ke­ling hou die po­ten­si­aal van ka­pi­taal­groei in en ’n op­brengs op e­kwi­teit wat heel­wat ho­ër is as fi­nan­sie­rings- kos­te, wat dit ’n oor­tui­gen­de be­leg­ging maak van­uit ’n to­ta­le-op­brengs-oog­punt.

Re­de­fi­ne is ook in Suid-A­fri­ka in die mark vir stu­den­te­ver­blyf be­trok­ke, na­dat hy in 2014 ’n be­lang van 51% in die stu­den­te­ver­blyf­ont­wik­ke­laar Res­pu­bli­ca ver­kry het.

Res­pu­bli­ca het in 2009 by die ont­wik­ke­ling van stu­den­te­ver­blyf be­trok­ke ge­raak en teen die eer­ste kwar­taal van 2017 het hy ’n por­te­feul­je van 6 458 bed­dens in agt ont­wik­ke­lings ge­had. In 2016 was daar 3 616 bed­dens. Dit sluit in Eas­t­wood Vil­la­ge in P­re­to­ria met 538 bed­dens, Ur­ban Nest in P­re­to­ria met 300 bed­dens, die eer­ste fa­se van Hat­field S­qua­re in P­re­to­ria met 635 bed­dens, The Fields in Jo­han­nes­burg met 308 bed­dens en Sa­ra­to­ga Vil­la­ge ook in Jo­han­nes­burg met 1 334 bed­dens.

Tans is vier ont­wik­ke­lings in aan­bou, die twee­de fa­se van Hat­field S­qua­re en ont­wik­ke­lings in Bloem­fon­tein, Pie­ter­ma­ritz­burg en Kaap­stad.

Res­pu­bli­ca se ont­wik­ke­lings bied ’n aan­trek­li­ke woon­een­heid­leef­styl na­by aan kam­pus­se.

Dit is vei­li­ge ver­blyf met ’n he­le rits stu­den­te­ge­rie­we, in­slui­ten­de gra­tis Wi-Fi, ge­meen­skap­li­ke a­re­as, stu­deer­ge­bie­de, re­ke­naar­sen­trums, gim­na­si­ums en swem­bad­dens.

’n Oor­tui­gen­de be­leg­ging van­uit ’n to­ta­le­op­brengs­oog­punt. — ANDREW KÖNIG

’n Kuns­te­naars­voor­stel­ling van hoe Re­de­fi­ne se stu­den­te­ver­blyf in Mel­bour­ne in Aus­tra­lië gaan lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.