‘Be­lê juis nou in ei­en­dom’

‘In­dien jy nou kan koop, sal jy wins maak’

Beeld - - Veilings -

Moe­nie nou die be­leg­ging­skip ver­laat nie, sê Norman Raad, uit­voe­ren­de hoof van Broll-veilings-en-ver­ko­pe.

“Die e­ko­no­mie­se si­tu­a­sie in Suid-A­fri­ka her­in­ner aan 1998, 2001 en 2009, toe al­mal ge­praat het oor die e­ko­no­mie­se af­plat­ting en hoe ons al­mal sou moes ver­koop en van ons be­leg­gings ont­slae raak,” sê hy.

In daar­die tyd het skerp be­leg­gers juis ver­stan­di­ge ei­en­doms­ver­kry­gings ge­maak.

“In­dien jy nou kan koop en die geld by­me­kaar kan kry om te be­lê, sal jy la­ter die wins ge­niet van van­dag se mark-uit­da­gings, sê Raad.

“My raad is om op die lig­ging en ge­hal­te van die ei­en­dom te fo­kus wan­neer jy wil be­lê.

“El­ke ei­en­dom het ’n spe­si­fie­ke waar­de en die goed­ge­plaas­te ei­en­dom­me sal net meer ge­sog word,” sê hy.

“Toe­ge­gee, soms kan ’n mens net ei­en­dom­me aan die pe­ri­fe­rie be­kos­tig, maar moe­nie bui­te die mark bly nie.

“Raak lie­wer ont­slae van ei­en­dom­me wat leeg staan en ’n las op jou kon­tant is en koop nou be­ter ei­en­dom­me wat veer­krag het – selfs deur die vol­gen­de af­plat­ting, wat ge­wis sal kom.

“Ont­hou dat niks vir al­tyd duur nie, ook nie sleg­te tye nie,” sê hy.

Raad sê die ei­en­dom­me wat Broll Woens­dag 19 Ju­lie om 12:00 by die Wan­de­rers-klub in Il­lo­vo, Jo­han­nes­burg, op­veil wat ge­wel- di­ge po­ten­si­aal in­hou vir ei­e­naars met e­ner­gie en vi­sie, is die Ri­vie­ra-ho­tel aan die Vaal­ri­vier in Ve­ree­ni­ging, as­ook ’n groot stoor­ge­rief met aan­gren­sen­de grond in Me­ado­w­da­le, Jo­han­nes­burg.

“Hier­die prag­ti­ge ho­tel, wat eers aan die Sout­hern Sun-ho­tel­groep be­hoort het, is voor teen die wa­ter en het uit el­ke ka­mer ’n fan­tas­tie­se uit­sig. Die ge­bou het net ’n bie­tjie sorg en aan­dag no­dig om hom tot sy eer­tyd­se glo­rie te her­stel.

“Dit is i­de­aal vir kon­fe­ren­sies of sa­ke- en pri­va­te ge­leent­he­de, kyk uit oor die Ri­vie­ra-gholf­baan en is net 30 mi­nu­te se ry van Jo­han­nes­burg se sa­ke­kern.

“Dit is ook i­de­aal vir ge­sins­weg­bre­ke,” sê hy.

“Die ei­e­naars se be­sluit om af te tree en by die see te gaan bly, ont­sluit die ge­leent­heid vir ’n po­ten­si­ë­le ko­per.

“Die ver­van­gings­kos­te van ’n nu­we ho­tel is e­nig­iets van R1,2 mil­joen per sleu­tel (die kos­te per ka­mer), af­han­gend van die groot­te en ge­tal ster­re.

“Die ver­wag­ting is dat ons die helf­te van daar­die be­drag sal haal en dit maak dié ei­en­dom be­son­der aan­trek­lik vir be­leg­gers.”

Die po­ten­si­aal van die ho­tel is on­be­perk, aan­ge­sien dit ook mak­lik in woon­stel­le om­ge­skep kan word, ook vir stu­den­te­ver­blyf, sê hy.

Die ho­tel het 91 ka­mers, vyf kon­fe­ren­sie­ka­mers en uit­ge­brei­de by­ko­men­de ge­rie­we en staan op meer as 2,5 ha.

Raad sê die an­der ho­ë­pro­fiel­ei­en­dom is die Ti­ger Brands-pak- huis op ’n hoek­per­seel van 4,5 ha in Me­ado­w­da­le.

Die pak­huis­ge­rief het 12 585 m² ver­huur­ba­re op­per­vlak­te en sluit in kan­to­re, stoor­ka­mers en on­der­dak-laai­ha­wens bui­te.

“Die ei­en­dom is na aan die snel­weg, is na­by lug­ha­wens en het grond wat ont­wik­kel kan word.

“Ter­wyl die ver­van­gings­waar­de van ’n pak­huis na aan R8 000 per m2 is, sal die ver­wag­te prys na­der aan R5 000 per m2 wees,” sê Raad.

Die e­ko­no­mie trek swaar, maar dis juis nou ’n goeie tyd om in ei­en­dom­me wat in­kom­ste ge­ne­reer te be­lê — NORMAN RAAD VAN BROLL

Bo: Die Ri­vie­ra­ho­tel aan die Vaal­ri­vier in Ve­ree­ni­ging bied groot po­ten­si­aal, sê Broll­af­sla­ers. Links: Dié groot stoor­ge­rief met aan­gren­sen­de grond in Me­ado­w­da­le, Jo­han­nes­burg, word van­dees­maand op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.