Woon­stel met meu­bels in Kalk­baai te kry

Beeld - - Veilings -

’n Gul­de ge­leent­heid om ’n een­slaap­ka­mer­woon­stel in die ge­sog­te Kalk­baai in Kaap­stad te be­kom, doen hom voor wan­neer Kalk Bay Fis­her­man Flats nr. 55, ten vol­le ge­meu­bi­leer, la­ter van­dees­maand op­ge­veil word.

Dit is na­by win­kels, ge­wil­de re­stau­ran­te en die mees­te ge­rie­we en het uit­sig­te op Kalk­baai.

Die woon­stel het ’n sit­ka­mer, slaap­ka­mer, bad­ka­mer met stort en kom­buis. Dié is toe­ge­rus met gra­niet­toon­ban­ke, in­ge­bou­de kas­te, stoof, mi­kro­golf­oond, ys­kas en was­ma­sjien. Meu­bels is on­der meer ’n ko­nin­gin­groot­te bed, sit­ka­mer­stel en TV. Die vloe­re is ge­te­ël.

“Hier­die ei­en­dom kan die i­de­a­le woon­stel vir ’n al­leen­lo­per of ’n jong pro­fes­si­o­ne­le per­soon word. Dit is mo­dern en het ’n kleur­pa­let van sag­te én hel­der kleu­re,” sê Ta­nya Jo­va­no­vski, fran­chi­se­hou­er van Raw­son Aucti­ons in die Wes-Kaap. “En Kaap­punt is net ’n paar mi­nu­te weg.”

Raw­son veil dié ei­en­dom op 26 Ju­lie per stil­le ten­der op.

Ge­skre­we aan­bie­din­ge moet teen 12:00 by sy kan­toor by Hoof­weg 222, Ron­de­bosch, in­ge­dien word.

Die re­ser­we­prys is R1,2 mil­joen, maar al­le bot­te sal oor­weeg word. Eien­doms­be­las­ting en hef­fings kom neer op on­ge­veer R640 per maand.

Kry nog in­lig­ting en die aan­bod-om-te-koop-vorm by in­fo@raw­so­naucti­ons.com of 021 837 1700. Bel Ashleigh Mills by 082 452 0138 of Ta­nya Jo­va­no­vski by 021 837 1700 om die woon­stel te be­sig­tig.

’n Ge­meu­bi­leer­de woon­stel in Kalk­baai word la­ter van­dees­maand op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.