Bul­le lug­tig vir Kings

Span sal be­slis sy sto­rie moet ken, waar­sku brei­er

Beeld - - Veilings - Co­bus Claas­sen Dun­can Mat­thews Bul­le:

Die moont­lik­heid dat die Sout­hern Kings van­dag kan hoor hul­le kry die Su­per­rug­by-trek­pas, maak hul­le ’n baie ge­vaar­li­ke voor­uit­sig, waar­sku Nol­lis Marais, die Bul­le-brei­er.

Die Bul­le kom mô­re op Lof­tus Vers­feld teen ’n span te staan wat die sei­soen deur­gaans bo sy ge­wig ge­boks het.

Al wat ’n rug­by­ken­ner is, het voor­spel die Kings sou weer ka­non­voer wees, maar die span van die Baai het die na­week in Bu­e­nos Ai­res sy vyf­de se­ge in die kom­pe­ti­sie be­klink.

“Ek dink De­on Da­vids (die Kings se hoof­af­rig­ter) het hom oor­tref van­jaar. Die Kings speel reg­tig goeie rug­by en ons gaan ons sto­rie moet ken,” sê Marais.

Die ver­wag­ting is dat die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) van­dag ná ’n ver­ga­de­ring in Kaap­stad, sal aan­kon­dig dat die Kings en die C­hee­tahs hul Su­per­rug­by-sta­tus kwyt is.

Marais sê dit maak die Kings ’n om­ge­krap­te teen­stan­der.

“Hul­le sal ’n punt wil be­wys en gaan met al­les kom om ons op Lof­tus te klop.

“Af­ge­sien daar­van dat hul­le hoogs ge­mo­ti­veerd sal wees, het die Kings ’n puik ag­ter­lyn en spe­lers wat met baie self­ver­troue speel.”

Marais het die vyf­tien­tal wat Vry­dag­aand in Dur­ban teen die Haaie ver­ras het, be­loon toe hy sy span vir die stryd ge­kies het. Tra­vis Is­mai­el is op vleu­el ten kos­te van Ke­fent­se Mahlo in­ge­sluit. Is­mai­el het in Mei sy knie be­seer en dit is sy eer­ste wed­stryd te­rug in die be­gin­span. To­ny Jan- tjies het nie her­stel van sy rib­be­se­ring in die Haai­tenk nie en Ti­an Schoeman ver­vang hom op los­ska­kel.

Dun­can Mat­thews skuif van reg­ter- na lin­ker­vleu­el so­dat Is­mai­el die nr. 14-trui kan kry.

Marais sê dit is jam­mer dat Mahlo ná sy goeie bui­ging teen die Haaie sy plek in die span ver­loor.

“Daar is ’n he­le paar vleu­els wat met Tra­vis en Jam­ba (U­len­go) se be­se­rings ge­wys het hul­le is tuis in Su­per­rug­by.

“Ke­fent­se en Dun­can, maar so ook Rabs (Si­bahle Max­wa­ne) en Ja­de (S­tigh­ling).

“Ver­al Dun­can het ge­wys hy kan vo­ren­toe groot rug­by speel.”

Ti­nus de Beer, een van die Tuk­kies se sleu­tel­spe­lers van­jaar in die Var­si­ty­be­ker-reeks, en die be­lo­wen­de slot Ru­ben van Heer­den is op die plaas­ver­van­gers­bank.

Sou De Beer en Van Heer­den speel­kans kry, sal hul­le spe­lers nom­mer 45 en 46 wees wat tot dus­ver hier­die sei­soen vir die Bul­le Su­per­rug­by-diens ge­doen het.

Marais het aan­ge­dui dat die S­pring­bok­ke Lood de Ja­ger, T­re­vor Ny­a­ka­ne en Han­dré Pol­lard waar­skyn­lik ook nie vol­gen­de Sa­ter­dag be­skik­baar sal wees wan­neer die Bul­le die S­tor­mers op Lof­tus ta­kel nie.

War­rick Ge­lant, Tra­vis Is­mai­el, Jes­se K­riel, Jan Ser­fon­tein, Dun­can Mat­thews, Ti­an Schoeman, Ru­dy Pai­ge, Nic de Ja­ger, Jan­nes Kir­sten, Ru­an S­teen­kamp, RG Sny­man, Ja­son Jen­kins, Con­raad van Vuur­en, A­dri­aan S­trauss (k), Li­zo G­qo­bo­ka. PLAASVERVANGERS: Jaco Vi­sa­gie, Pier­re Schoeman, John­Roy Jen­kin­son, Ru­ben van Heer­den, S­haun A­den­dorff, An­dré War­ner, Ti­nus de Beer, Bur­ger O­den­daal.

Tra­vis Is­mai­el gaan mô­re die nr. 14­trui op Lof­tus dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.