F­leck wil nie Al­lis­ter se ‘fout’ her­haal

Beeld - - Veilings - S­te­phen Nell S­tor­mers:

Die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, gaan geen­een van sy sleu­tel­spe­lers in wat­te toe­draai voor die uit­speel­ron­des in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks nie.

F­leck het gis­ter sy sterk­ste be­skik­ba­re span vir mô­re se krag­me­ting met die Sun­wol­ves op Nu­we­land ge­kies en gaan die­self­de roe­te volg vir aan­staan­de week se wed­stryd teen die Bul­le op Lof­tus.

In 2015, met hul plek in die kwart­eind­ron­de reeds ver­se­ker, het die S­tor­mers ’n ver­swak­te span vir hul laas­te wed­stryd teen die Haaie ge­kies. Hul­le het die week daar­na met 19-39 teen die Brum­bies op Nu­we­land ver­loor.

“Ek het baie ge­leer toe ek saam met Al­lis­ter Coet­zee (die S­tor­mers se af­rig­ter in 2015) af­ge­rig het. Ek was deel van die be­sluit om ’n ver­swak­te span teen die Haaie te kies en daar­die be­na­de­ring werk nie,” sê F­leck.

“Daar is geen be­ter voor­be­rei­ding vir die kwart­eind­ron­de nie as ’n wed­stryd teen die Bul­le op Lof­tus. On­ge­ag hoe die Bul­le se sei­soen ver­loop het, het ons in die ver­le­de ge­suk­kel om hul­le daar te klop.”

F­leck het by­ge­voeg dat die Nieu-See­land­se span­ne se be­na­de­ring is om in die laas­te li­ga­wed­stry­de voor die kwart­eind­ron­de hul sterk­ste span­ne te kies.

“Hul­le is op hul bes­te vir die kwart­eind­ron­de. Ons kan les­se daar­uit en ook uit die Al­lis­ter Coet­zee-era leer.

“Die reg­te be­sluit is om jou sterk­ste span te kies en se­ker te maak dat die groep met self­ver­troue in die kwart­eind­ron­de speel,” sê hy.

F­leck moes weens et­li­ke be­se­rings van­dees­week nu­we plan­ne be­raam. Twee van die los­voor­spe­lers in sy 23-tal vir ver­le­de week se wed­stryd teen die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein – Sik­hum- bu­zo Nots­he en Ko­bus van Dyk – sal mô­re se wed­stryd met knie­be­se­rings mis­loop.

Die SA o.20-ster Ju­ar­no Au­gus­tus draf ge­volg­lik as nr. 7-flank uit – in ’n los­trio saam met Siya Ko­li­si en Ni­zaam Carr.

F­leck het vol­le ver­troue dat Au­gus­tus goeie re­ken­skap van hom­self sal gee.

“Dis nie ’n groot be­sluit om vir Ju­ar­no te kies nie. Hy was bril­jant vir die SA o.20-span in ’n taai kom­pe­ti­sie en ook vir ons in die voor­sei­soen. Ek is op­ge­won­de om te sien hoe hy vaar,” sê hy.

Selfs al is die S­tor­mers die oor­wel­di­gen­de guns­te­ling vir ’n wed­stryd teen een van die reeks se as­poes­ter­tjiespan­ne, be­na­der die S­tor­mers hul­le met die no­di­ge re­spek.

“Hier­die is deel van ons op­bou na die kwart­eind­ron­de toe en ons be­na­der die Sun­wol­ves soos e­ni­ge an­der span,” sê Ko­li­si, wat weer die kap­tein­skap by Frans Mal­her­be, wat ver­le­de week in sy plek waar­ge­neem het, oor­neem.

“Ons sal soos ge­bruik­lik al­les in­sit en hier­die is ons sterk­ste span.

“Ons toon re­spek aan die Sun­wol­ves, maar die fo­kus is hoof­saak­lik op ons,” sê F­leck.

Dil­lyn Leyds, C­heslin Kol­be, EW Vil­joen, Da­mi­an de Al­len­de, Se­a­be­lo Se­nat­la, Da­mi­an Wil­lem­se, Ja­no Ver­maak, Ni­zaam Carr, Ju­ar­no Au­gus­tus, Siya Ko­li­si (k), Pie­ter­S­te­ph du Toit, E­ben Et­ze­beth, Frans Mal­her­be, Bon­gi M­bo­nam­bi, JC Jan­se van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Ra­mo­ne Sa­mu­els, S­te­ven Kits­hoff, Wil­co Louw, Chris van Zyl, JD S­chic­ker­ling, Jus­tin P­hil­lips, Dan K­riel, B­jorn Bas­son.

Fo­to: GALLO IMAGES

Siya Ko­li­si (regs) is te­rug om die S­tor­mers teen die Sun­wol­ves te lei. Ryn­hardt El­stadt (links) kon weens ’n skor­sing nie vir dié stryd oor­weeg word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.