Dis die 4x4 teen die vuur­wa

Beeld - - Veilings - Mi­cha­el G­reen

Dit sal mô­re in P­re­to­ria Lu­zu­ko Vu­lind­lu se on­be­ny­dens­waar­di­ge taak wees om die Bul­le se spog­sen­ter Jan Ser­fon­tein te pro­beer hok­slaan.

Vu­lind­lu is die bin­ne­sen­ter in die Sout­hern Kings-span wat gis­ter aan­ge­kon­dig is vir die Su­per­rug­by-stryd op Lof­tus Vers­feld.

Ser­fon­tein het ver­le­de week teen die Haaie voort­ge­bou op die skit­ter­spel wat hy die vo­ri­ge drie we­ke vir die S­pring­bok­ke teen Frank­ryk ge­le­wer het.

As ’n mens weer na die Bul­le se wed­stryd teen die Haaie kyk, is dit op­val­lend dat Ser­fon­tein ’n e­nor­me im­pak ge­had het. Hy is moei­lik ge­stuit wan­neer hy aan die hard­loop gaan en het ook nie, soos ’n paar jaar ge­le­de, storm­ram ge­speel nie.

Die Ser­fon­tein-mo­del in 2017 is een wat steeds sterk hard­loop, maar nou ook ga­pings slaan en die bal oor­deel­kun­dig ver­sprei. Sy ein­de­lo­se y­wer op die ver­de­di­ging is ook pry­sens­waar­dig.

Aan die an­der kant is Vu­lind­lu ook ie­mand wat hier­die sei­soen nu­we le­we in sy loop­baan ge­blaas het. Se­dert hy van vleu­el na bin­ne­sen­ter ge­skuif het, is hy een van die Kings se ster­spe­lers. Hy dra die bal met oor­ga­we en ag­gres­sie en sy ver­de­di­ging is baie goed en net so vu­rig.

’n Mens kan am­per sê dis mô­re die vier­trek­voer­tuig (met ’n iet­wat wil­de bestuurder) teen die BMW (ge­dryf deur ’n doel­ge- rig­te Le­wis Ha­mil­ton-kloon) wat me­kaar die stryd aan­sê. Vu­lind­lu is die 4x4, in­ge­val jy dit nie self ge­raai het nie.

Hoe­veel hard­loop­kans dié twee man­ne gaan kry, sal na­tuur­lik groot­liks af­hang van die bal­be­sit wat hul voor­spe­lers voor­sien.

In dié op­sig het Gi­ant M­ty­an­da, die Kings-slot, groot druk op sy skou­ers, want hy moet die plek van die be­seer­de lyn­staan­spe­si­a­lis Wil­helm van der Sluys vol­staan. M­ty­an­da se in­slui­ting in Van der Sluys – wat har­sing­skud­ding het – se plek is die e­nig­ste ver­an­de­ring aan die Kings se be­gin­span wat ver­le­de week teen die Ja­gua­res op­ge­draf het.

M­z­wa­ne­le Zi­to is die nu­we plaas­ver­van­ger­slot.

De­on Da­vids, die Kings se brei­er, sê hy is dank­baar dat hy nie baie ver­an­de­rin­ge hoef te ge­maak het nie, want hy wil hê sy span moet sy mo­men­tum be­hou.

“Dit is be­lang­rik dat ons die sei­soen op ’n hoë noot ein­dig en min ver­an­de­rin­ge sal ver­se­ker dat ons die bes­te moont­li­ke kom­bi­na­sies be­hou en die hoë stan­daard rug­by wat ons vir ons self stel, kan aan­hou speel,” sê hy.

Kings: Mal­colm Ja­er, Wan­di­le M­je­ke­vu, Ber­ton Klaas­en, Lu­zu­ko Vu­lind­lu, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Li­o­nel Cron­jé (k), Lou­is S­chreu­der, An­di­sa Nt­si­la, Ty­ler Paul, Chris Cloe­te, Gi­ant M­ty­an­da, Ir­né Herb­st, Ross Gel­den­huys, Mi­cha­el Wil­lem­se, M­za­mo Ma­jo­la. PLAASVERVANGERS: Mar­tin Be­zui­den­hout, S­chalk Fer­rei­ra, Da­y­an van der West­hui­zen, M­z­wa­ne­le Zi­to, T­hem­be­la­ni B­ho­li, S­te­fan Un­ge­rer, Ma­sixo­le Ban­da, Yaw Penxe.

Fo­to: WERNER HILLS

’n 4x4 met ’n iet­wat wil­de bestuurder . . . Lu­zu­ko Vu­lind­lu van die Kings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.