All Blacks: Koel­kop Jor­die sál mas op­kom

Beeld - - Veilings - – Reuters

Die All Black-af­rig­ter, S­te­ve Han­sen, het sy be­sluit ver­de­dig om die toets­groen­tjie Jor­die Bar­rett op heel­ag­ter te kies vir mô­re se be­slis­sen­de der­de rug­by­toets teen die B­rit­se en Ier­se Leeus.

Bar­rett en die bin­ne­sen­ter N­ga­ni Lau­ma­pe is die eer­ste keer in Nieu-See­land se be­gin­span in­ge­sluit vir die toets, wat op E­den Park in Auck­land be­slis word.

Die 20-ja­ri­ge Bar­rett, wat saam met sy broers Beau­den (los­ska­kel) en S­cott (plaas­ver­van­ger-slot) in die All Blacks se 23-tal in­ge­sluit is, het ver­le­de maand sy eer­ste proe­sel toets­rug­by ge­kry toe hy as plaas­ver­van­ger teen Sa­moa speel­kans ge­kry het.

Han­sen dink eg­ter nie dis ’n waag­stuk om so ’n on­er­va- re spe­ler in ’n toets, wat met ’n Wê­reld­be­ker­eind­stryd ver­ge­lyk word, los te laat nie.

“Hy kom uit ’n goeie rug­by­ge­sin en ek skat hy sal skaf­lik vaar,” het Han­sen ge­sê. “Hy is ’n kalm seun wat kan kop­hou en ons sou hom nie ge­kies het as dit nie die ge­val was nie.”

Vol­gens Han­sen ver­wag hy dat die Leeus baie sal skop en Bar­rett is goed on­der die hoë bal.

Is­rael Dagg, wat ver­le­de week in Wel­ling­ton heel­ag­ter was, skuif na reg­ter­vleu­el in Wai­sa­ke Na­ho­lo se plek.

Na­ho­lo het in die twee­de toets ’n kwaai stamp teen die kop ge­kry en is nie oor­weeg vir die der­de toets nie.

Die drie­druk­ma­sjien Ju­li­an Sa­vea keer ook te­rug op lin­ker­vleu­el in Rie­ko Io­a­ne, wat siek is en nie van­dees­week kon oe­fen nie, se plek.

“Hy (Sa­vea) is nie ’n sleg­te plaas­ver­van­ger nie,” het Han­sen ge­skerts. “52 toet­se en 46 drieë.”

Dagg, wat Ben S­mith in die twee­de toets in die laas­te ves­ting ver­vang het, is die nu­we on­der­kap­tein.

On­danks sy min er­va­ring, is dit al­ge­meen ver­wag dat Lau­ma­pe An­ton Lie­ner­tBro­wn se sen­ter­maat sou wees met Son­ny Bill Wil­li­ams wat vir vier we­ke ge­skors is. Ma­la­kai Fe­ki­toa is die plaas­ver­van­ger wat die mid­del­veld sal dek.

Kie­ran Re­ad, die span se kap­tein, sal mô­re die se­wen­de All Black word om in 100 toet­se te speel.

Die 20­ja­ri­ge Jor­die Bar­rett.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.