‘S­tou­te’ Vu­ni­po­la se son­des ver­ge­we

Beeld - - Veilings - Leeus:

Sy swak dis­si­pli­ne in ver­le­de week se twee­de toets teen die All Blacks het Ma­ko Vu­ni­po­la, die B­rit­se en Ier­se Leeus se los­kop­stut, nie sy plek in die span ge­kos nie.

Vu­ni­po­la is in Wel­ling­ton vier keer deur die skeids­reg­ter Jérô­me Gar­cès ge­straf en moes boon­op die veld vir 10 mi­nu­te ver­laat toe hy ’n geel­kaart ge­kry het.

War­ren Gat­land, die Leeus se brei­er, het be­sluit om nie aan sy span, wat die All Blacks met 24-21 ge­troef het, te tor­ring vir die be­slis­sen­de toets in Auck­land nie. Hy het dit be­klem­toon dat sy span se dis­si­pli­ne moet ver­be­ter as hy slegs die twee­de Leeus-span wil word om ’n toets­reeks teen die All Blacks te wen.

“Dit ge­beur nie ge­reeld op ’n Leeus-toer dat jy die­self­de groep van 23 spe­lers vir die vol­gen­de wed­stryd kan kies nie,” sê Gat­land. “Ons het ge­voel ons moet die spe­lers be­loon vir die durf wat hul­le ge­wys het om van ’n ag­ter­stand van 9-18 te­rug te veg. Hul­le het hul­self uit die gat ge­gra­we en sterk ge­ëin­dig.”

Gat­land het toe­ge­gee dat daar ’n paar spe­lers is wat bit­ter te­leur­ge­steld is om­dat hul­le nie ge­kies is nie. Hy sê dat dít te ver­sta­ne is wan­neer jy met top­sport­man­ne werk.

“Maar ons het nog die he­le tyd ge­sê dat dit nie oor die 23 spe­lers op die veld gaan nie, maar oor die he­le groep. Hul­le (die spe­lers wat nie ge­kies is nie) het hul te­leur­stel­ling ver­werk en help die uit­ver­ko­re groep so goed hul­le kan om vir die toets voor te be­rei.” ) Li­am Wil­li­ams, An­tho­ny Watson, Jo­na­than Da­vies, O­wen Far­rell, El­li­ot Da­ly, Jo­na­than Sex­ton, Co­nor Mur­ray, Tau­lu­pe Fa­le­tau, Se­an O’B­rien, Sam War­bur­ton (k), Alun Wyn Jo­nes, Ma­ro I­to­je, Tad­hg Fur­long, Ja­mie Ge­or­ge, Ma­ko Vu­ni­po­la. PLAASVERVANGERS: Ken O­wens, Jack M­cGrath, Ky­le Sinckler, Court­ney La­wes, CJ S­tan­der, R­hys Webb, Ben Te’o, Jack No­well. ) Mô­re se toets skop om 09:35 af en word op SS 1 en GDN ge­wys. Die op­bou be­gin om 08:30.

Ma­ko Vu­ni­po­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.