Laat ‘eer­li­ke’ To­mic met rus – Wi­lan­der

Beeld - - Veilings - – Reuters

Fo­to’s: GETTY IMAGES Ber­nard To­mic moet ge­loof eer­der as ver­stoot word vir sy eer­lik­heid, meen Mats Wi­lan­der, na­dat die Aus­sie erg ge­kri­ti­seer is om­dat hy ge­sê het hy was ver­veeld ty­dens sy ne­der­laag in die eer­ste ron­de op Wim­ble­don.

To­mic (24) het lus­te­loos ge­lyk toe hy in ’n uur en 19 mi­nu­te met 6-4, 6-3, 6-4 deur Mis­cha Z­ver­ev ver­slaan is.

“Dit is ’n wip­plank­rit en ek kon net nie die mo­ti­ve­ring vind om hard te werk nie, om dit te ge­niet en ti­tels te wen nie,” het To­mic ná sy ver­to­ning aan ver­slag­ge­wers ge­sê.

“Die laas­te twee jaar of so, mo­ti­veer niks my nie. Ek was nie gees­te­lik en fi­siek daar om my bes­te te le­wer nie. Ek weet nie hoe­kom nie, maar ek was ’n bie­tjie ver­veeld op die baan om eer­lik met jul­le te wees.”

Sy uit­la­tings het ver­skeie oud­spe­lers ont­stel, in­slui­tend Mar­ti­na Na­vra­ti­lo­va, wat ge­sê het dit is tyd dat hy ’n nu­we werk kry en Ren­nae S­tubbs, wat ge­sê het To­mic is ’n ver­leent­heid vir hom­self en Aus­tra­lie­se ten­nis.

Maar Wi­lan­der, in Lon­den as ’n ont­le­der vir Eu­ro­sport by Wim­ble­don, sê To­mic het bloot hard­op ge­sê wat baie spe­lers voel.

“Al­mal het op een of twee sin­ne ge­fo­kus, dis al. Maar hy pro­beer ver­dui­de­lik hoe hy voel . . . wat aan­gaan. Ek waar­borg jou el­ke lie­we spe­ler hier by Wim­ble­don voel so of het al so ge­voel,” sê die S­weed.

“Ek waar­deer op­reg die feit dat hy daar­oor eer­lik is.”

Wi­lan­der, ’n voor­ma­li­ge wê­reld-nom­me­reen, sê hy het self op tye in sy loop­baan ’n ge­brek aan mo­ti­ve­ring be­leef en glo gro­ter eer­lik­heid is no­dig om sul­ke kwes­sies aan te pak.

“Ons het meer eer­lik­heid daar­bui­te no­dig, maar dit is moei­lik wan­neer jy sien wat die me­dia doen aan ie­mand wat pro­beer eer­lik wees,” sê hy.

“Wil jy aan­voer An­dy Mur­ray was nie e­mo­si­o­neel uit­ge­put vir ’n ruk van­jaar nie? En ek dink dis pre­sies hoe No­vak D­jo­ko­vic was by die Fran­se Ope.

“Al­mal raak soms ver­veeld of e­mo­si­o­neel uit­ge­put, maar die mees­te spe­lers is nie eer­lik soos To­mic nie. Hul­le het bor­ge wat hul­le te­vre­de moet hou en die ten­nis­ba­se.

“To­mic is jonk, net 24, maar hier­die is reeds sy agt­ste of ne­gen­de Wim­ble­don. Men­se moet be­sef hier­die is ’n har­de, taai in­di­vi­du­e­le s­port.

“As jy nie moeg of ver­veeld raak nie is daar iets fout met jou – dis on­mens­lik. Men­se be­sef dit dalk nie.”

Ro­ger Fe­de­rer is nou ook lid van die eks­klu­sie­we 10 000klub. Pe­te Sam­pras: ge­mid­deld kis­houe per wed­stryd Ivo Kar­lo­vic : kis­houe Go­ran I­va­niše­vic kis­houe

Fo­to: GETTY IMAGES

Ber­nard To­mic was “ver­veeld” op Wim­ble­don.

Mats Wi­lan­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.