Wie is ten­nis se kis­hou­ko­ning?

Beeld - - Veilings - – Reuters

Toe die S­wit­ser­se mees­ter Ro­ger Fe­de­rer vroe­ër van­dees­week by Wim­ble­don die 10 000-kerf vir kis­houe in sy be­roeps­loop­baan ver­by­steek, het dit sy re­pu­ta­sie ver­sterk as een van die bes­te af­sla­ners in die ge­skie­de­nis van ten­nis.

Maar wat­ter spe­ler kan hom daar­op roem dat hy met die bes­te af­slaan van al­mal spog?

Wel, dit hang af van wat­ter sta­tis­tie­ke ge­raad­pleeg word.

Fe­de­rer het hom Dins­dag by ’n eks­klu­sie­we klub aan­ge­sluit in sy eer­ste­r­on­de­wed­stryd in Lon­den. Hy het slegs die der­de man ge­word om 10 000 kis­houe te mo­ker se­dert die Be­roep­spe­lers­ver­e­ni­ging (ATP) dié sta­tis­tie­ke in 1991 be­gin aan­te­ken het.

Die spe­ler met die mees­te kis­houe ag­ter sy naam is Ivo Kar­lo­vic (12 062 tot op he­de), ter­wyl Go­ran I­va­niše­vic, wat in 2004 uit­ge­tree het, 10 131 in sy loop­baan in­ge­ryg het.

“Dis half on­werk­lik,” het Fe­de­rer aan ESPN ge­sê toe dié 18-ma­li­ge Grand Slam-kam­pi­oen oor sy jong­ste myl­paal uit­ge­vra is. “Dit plaas my in die ge­sel­skap van spe­lers soos I­va­niše­vic en Kar­lo­vic – spe- lers na wie ek op­kyk en wie se af­sla­ne ek be­won­der.”

Maar ’n an­der stuk­kie sta­tis­tiek, kis­houe per wed­stryd, laat Fe­de­rer ’n bie­tjie uit­sak op die voor­lo­pers­bord.

Dié S­wit­ser het sy 10 004 kis­houe (voor Don­der­dag se twee­der­on­de­stryd) in 1 294 krag­me­tings be­haal, wat be­te­ken dat hy ge­mid­deld 7,7 kis­houe per stryd aan­te­ken.

Wan­neer na dié sy­fers ge­kyk word, is daar ver­skeie spe­lers bo Fe­de­rer op die lys.

Kar­lo­vic gee hier ook die pas aan met 19,4, ter­wyl die A­me­ri­kaan­se reus John I­s­ner (17,4), I­va­niše­vic (13,9) en an­der voor­ma­li­ge A­me­ri­kaan­se spe­lers soos An­dy Rod­dick (11,7) en Pe­te Sam­pras (11) ook met meer kis­houe per wed­stryd spog.

’n An­der be­lang­ri­ke aan­wy­ser van die doel­tref­fend­heid van ’n spe­ler se af­slaan, is die per­sen­ta­sie pot­te wat hy op sy eie af­slaan wen. Lui­dens die ATP se da­ta is Kar­lo­vic in dié ka­te­go­rie ook nom­mer een, met ’n ver­stom­men­de per­sen­ta­sie van 92. Hy word ge­volg deur nog ’n spe­ler met ’n ka­non-af­slaan, Mi­los Ra­o­nic (91), dan Rod­dick (90) en Fe­de­rer (89).

En dan is daar na­tuur­lik ook die kwes­sie van wie met die vin­nig­ste af­slaan spog. In dié af­de­ling troon die Aus­tra­li­ër Sam Groth bo sy me­de­din­gers uit. Hy het in 2012 met ’n af­slaan los­ge­trek wat teen ’n dui­se­ling­wek­ken­de spoed van 263,4 km/h ge­meet is. Kar­lo­vic spog met die vier­de vin­nig­ste, 251 km/h, én die naas­vin­nig­ste twee­de af­slaan tot nog toe, 231,7 km/h.

Wan­neer daar dus na ál die ka­te­go­rieë ge­kyk word, is die he­melbe­sem Kar­lo­vic (hy staan 2,11 m in sy sok­kies!) ’n ver­dien­ste­li­ke spe­ler om as die kis­hou­ko­ning ge­kroon te word.

Maar dan is daar ook an­der fak­to­re, wat nie deur sta­tis­tie­ke aan­ge­dui word nie, wat in ag ge­neem moet word.

Hoe meet jy by­voor­beeld ’n spe­ler se ver­moë om on­der groot druk met ’n uit­ste­ken­de af­slaan vo­ren­dag te kom? Spe­lers soos Fe­de­rer en voor hom spe­lers soos Sam­pras en Bo­ris Bec­ker kon al­tyd op die mees ge­leë tyd druk met ’n groot af­slaan ver­lig.

So, wie spog met die bes­te af­slaan van al­le tye? Selfs ge­wa­pen met al die sta­tis­tie­ke op aar­de, sal per­soon­li­ke voor­keur straks die ant­woord be­paal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.