Rys­mie­re maak Wim­ble­don ra­send

Beeld - - Veilings - – Reuters

Wim­ble­don is eer­gis­ter deur dui­sen­de rys­mie­re oor­val wat tot groot frus­tra­sie vir spe­lers, amp­te­na­re en toe­skou­ers ge­lei het – maar nie­mand kon iets doen om die pes­te te ver­wy­der nie.

S­werms rys­mie­re het hul­le in die sty­gen­de tem­pe­ra­tu­re en hu­mi­di­teit in el­ke hoek en draai van die All Eng­land Club tuis­ge­maak.

Die Fran­se skeids­reg­ter Ka­der Nou­ni is af­ge­neem waar hy hom­self in die ge­sig klap om van die “ge­dier­tes” ont­slae te raak, ter­wyl die Kro­aat Don­na Ve­kic in­se­kweer­der aan­ge­smeer het tus­sen pot­te in haar wed­stryd teen die B­rit Jo­han­na Kon­ta op die hoof­baan.

Maar an­der spe­lers, wat nie so goed voor­be­reid was nie, het die in­sek­te met hul rak­ket­te pro­beer af­weer – met min suk­ses.

“Daar is vir se­ker ’n paar huis toe in my mond en in my tok­sak,” het Kon­ta ge­sê na­dat sy na­el­skraap in ’n ril­ler­wed­stryd van drie uur met Ve­kic af­ge­re­ken het. So het sy ’n paar in­ge­sluk? “Ek is baie se­ker ek het.” Met die tem­pe­ra­tu­re bo 30° het die be­dom­pi­ge toe­stan­de die rys- Fo­to’s: GETTY mie­re die per­fek­te ge­leent­heid ge­bied om hul vler­ke te sprei.

“Dit was vreemd. Daar was rys­mie­re, rys­mie­re,” het die Frans­man en 12de ge­keur­de Jo-Wilf­ried Tson­ga ge­sê na­dat hy Si­mo­ne Bo­lel­li van I­ta­lië ge­klop het. “Hul­le was in my neus en in my oor.”

Die A­me­ri­ka­ner Sam Qu­er­rey het soort­ge­ly­ke pro­ble­me er­vaar in sy se­ge oor Ni­ko­loz Ba­si­lashvi­li.

“Ek wou am­per op­hou speel, want hul­le het jou in die ge­sig ge­tref ter­wyl jy die bal wou slaan. (Hul­le was) die he­le wê­reld vol,” het Qu­er­rey ge­sê. “Ek het ’n stel ver­loor toe die rys­mie­re op­daag. As ek daar­die stel ge­wen het, sou die in­sek­te my se­ker nie so­veel ge­pla het nie.”

Die fe­no­meen wat eer­gis­ter by Wim­ble­don kop uit­ge­steek het, staan be­kend as “rys­mier­dag” en word ver­oor­saak wan­neer ’n ko­nin­gin haar nes ver­laat op soek na ’n maat om ’n nu­we ko­lo­nie te stig.

Die ko­lo­nie s­tuur hor­des rys­mie­re uit om­dat net ’n klein per­sen­ta­sie die trek oor­leef om met ’n nu­we ge­ne­ra­sie te be­gin.

Die skeids­reg­ter Ka­der Nou­ni word oor­val deur rys­mie­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.