Ro­ger wals deur na der­de ron­de

Beeld - - Veilings - Ma­ri­zan­ne Kok

Die moont­li­ke be­gin van No­vak D­jo­ko­vic se her­le­wing, die ver­trek van die der­de ge­keur­de vrou . . . en ’n tour de for­ce wat Ro­ger Fe­de­rer se sta­tus as Wim­ble­don-guns­te­ling on­der­streep het.

Dít was die ver­naam­ste sto­rie­ly­ne waar­op ten­nis­lief­heb­bers by Wim­ble­don se gras­ba­ne gis­ter ge­trak­teer is – en dan is die be­se­rings, die te­rug­veg­po­gings en die law­we on­der­steu­ners­kos­tuums nog nie eens by­ge­re­ken nie.

Fe­de­rer het ’n dag vol dra­ma op die hoof­baan tot ’n glin­ste­ren­de ein­de ge­bring toe hy die Ser­wi­ër Du­san La­jo­vic eers ’n bie­tjie pret ge­gun het en toe ge­na­de­loos dood­ge­smoor het.

Fe­de­rer het die eer­ste se­we pun­te van dié krag­me­ting (en daar­mee saam sy eer­ste af­slaan­pot) ver­loor, maar da­de­lik te­rug­ge­breek en toe ie­wers tus­sen twee­de en der­de rat ge­lui­er, voor­dat hy die tur­bo aan­ge­ska­kel het.

Die eer­ste brul van ’n uit­ein­de­li­ke se­ge met 7-6 (7/0), 6-3, 6-2 was in die val­by­l­pot van die eer­ste stel, waar­in Fe­de­rer met die e­ner­gie en krag van ’n spe­ler die helf­te sy ja­re ge­speel het en die ar­me La­jo­vic uit­ein­de­lik on­tuis laat voel het.

Fe­de­rer het daar­na nie weer die voet van die ver­snel­ler ge­haal nie en sy Ser­wie­se teen­stan­der met ’n ver­skei­den­heid tak­tie­ke – hier ’n val­hout­jie, daar ’n sny­den­de voor­arm­hou – op sy knieë ge­dwing.

Of D­jo­ko­vic al te­rug op sy bes­te is bly ’n ope vraag, maar ten min­ste kon hy gis­ter gaan slaap met die we­te dat hy op die her­stel­pad is.

Ná ja­re van oor­heer­sing was die Ser­wi­ër die laas­te 13 maan­de kna­end teen die toue. Maar hy is steeds by Wim­ble­don as die twee­de ge­keur­de, en steeds te veel van ’n hand­vol vir spe­lers, soos A­dam Pa­vla­sek, die wê­reld se nr. 136.

Pa­vla­sek het vir die eer­ste keer by Wim­ble­don ge­speel, en kon sy ge­luk nie glo nie dat hy in die twee­de ron­de te staan ge­kom het teen D­jo­ko­vic, sy kin­der­held. Die 22-ja­ri­ge T­sjeg het geen ant­woor­de op D­jo­ko­vic se vrae ge­had nie en is met 6-2, 6-2, 6-1 oor­rom­pel. So mak­lik het die Ser­wi­ër lank­laas op die Grand Slam-ver­hoog ge­se­ë­vier.

Min­der as 24 uur ná Pe­tra K­vi­to­va die af­tog ge­blaas het, het die vroue-af­de­ling gis­ter nóg ’n ge­keur­de af­ge­staan, dié keer die der­de ge­keur­de Ka­ro­li­na P­lis­ko­va.

Die Slo­waak Ma­ga­de­le­na Ry­ba­ri­ko­va (nr. 87 op die wê­reld­rang­lys) het 2 uur en 18 mi­nu­te no­dig ge­had vir ’n skou­spel­ag­ti­ge se­ge met 3-6, 7-5, 6-2 oor P­lis­ko­va. Ry­ba­ri­ko­va het net drie pun­te meer ge­wen as P­lis­ko­va (92 teen­oor 89), maar haar tyds­be­re­ke­ning was be­ter.

P­lis­ko­va was ’n groot guns­te­ling vir die kroon, na­dat sy ver­le­de maand die half­eind­ron­de van die Fran­se Ope ge­haal het en net Sa­ter­dag die Eas­t­bour­ne-ti­tel ge­wen het.

“Ek is spra­ke­loos,” het die 28-ja­ri­ge Slo­waak vol­gens die BBC ge­sê. “Dis spe­si­aal. Dis on­ge­loof­lik. Ek het twee ope- ra­sies ge­had en vir se­we maan­de nie ge­speel nie. Dit was ’n moei­li­ke tyd vir my, maar my af­rig­ter het vir my ge­sê iets goed gaan nog ge­beur.”

Die mees dra­ma­tie­se oom­blik van die dag was op Baan 17, waar die A­me­ri­ka­ner Bet­ha­nie Mat­tek-Sands aan die be­gin van haar der­de stel teen So­ra­na Cirstea ge­val en haar knie erns­tig be­seer het.

Mat­tek-Sands het pas ’n val­by­l­pot ge­wen en het al die mo­men­tum ge­had toe sy op pad na die net ge­gly het. Sy het op die grond neer­ge­val met haar han­de om haar knie en luid ge­skree: “Help my, help my!” Sy is uit­ein­de­lik met ’n draag­baar van die baan ge­dra.

Jan­se van Rensburg op bank teen G­rie­kwas

Fo­to: AP

Ro­ger Fe­de­rer het mak­lik deur­ge­dring tot die der­de ron­de van Wim­ble­don, toe hy Du­san La­jo­vic met 7­6 (7/0), 6­3, 6­2 ge­klop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.