Kit­tel kraai ko­ning; Sa­gan se ap­pèl mis­luk

Beeld - - Veilings - 40 km – dai­lymail.co.uk, le­tour.com, Reuters

Die Duit­ser Mar­cel Kit­tel (Quick S­tep) het sy twee­de skof­se­ge in van­jaar se Tour de Fran­ce be­haal toe hy gis­ter die ses­de skof ge­wen het.

Hy het die 216 km tus­sen Ve­soul en Troy­es in ’n tyd van 5 uur 5 mi­nu­te en 34 se­kon­des vol­tooi.

Dit was Kit­tel, wat ook in die twee­de skof ko­ning ge­kraai het, se 11de skof­se­ge van sy Tour­loop­baan. Ar­naud De­ma­re (FDJ) van Frank­ryk was in die twee­de plek, ge­volg deur nog ’n Duit­ser, An­dré G­rei­pel (Lot­to Sou­dal), in die der­de plek.

Die Frans­man Per­rig Qu­e­me­neur (Di­rect E­ner­gie), F­re­de­rik Backa­ert (Wan­ty-Grou­pe Go­bert) van Bel­gië en Ve­gard S­ta­ke La­en­gen (UAE Te­am E­mi­ra­tes) van Noor­weë het vroeg in die skof van die pe­lo­ton weg­ge­breek en ’n voor­sprong van net meer as vier mi­nu­te op­ge­bou.

Hul­le is eg­ter oor die laas­te 3 km in­ge­haal en dit was Kit­tel wat uit­ein­de­lik die na­el­rit na die wen­streep dank­sy ’n goeie eind­po­ging ge­wen het.

Die B­rit Chris Froome (Te­am Sky) is steeds die al­ge­he­le voor­lo­per, ge­volg deur sy span­maat en land­ge­noot Ge­raint T­ho­mas, met die I­ta­li­a­ner Fa­bio Aru (Asta­na) in die der­de po­si­sie.

Dit was die 45ste dag wat Froome die geel­trui dra se­dert hy die eer­ste keer aan die Tour deel­ge­neem het.

Suid-A­fri­ka se Lou­is Mein­tjes (UAE Te­am E­mi­ra­tes) het die skof in die 25ste plek vol­tooi en be­vind hom nou in die al­ge­he­le 13de plek.

Die 25-ja­ri­ge is ook in die al­ge­he­le der­de plek in die wit­trui (vir die bes ge­plaas­te ry­er on­der die ou­der­dom van 26 jaar).

Nog ’n Suid-A­fri­ka­ner, Da­ryl Im­pey (O­ri­ca), het 57ste oor die wen­streep ge­jaag, met Rein- hardt Jan­se van Rensburg (Di­men­si­on Da­ta) wat die skof in die 151ste plek vol­tooi het. ) Pe­ter Sa­gan van Slo­wa­kye se span, Bo­ra-Hans­gro­he, het gis­ter ap­pèl teen sy dis­kwa­li­fi­ka­sie aan­ge­te­ken by s­port se in­ter­na­si­o­na­le ar­bi­tra­sie­hof (CAS).

Sa­gan is uit die Tour ge­skop na­dat hy Dins­dag in die vier­de skof in die na­el­rit vir Mark Ca­ven­dish met die elm­boog ge­stamp het. Ca­ven­dish het sleg ge­val en moes hom ont­trek aan die res van die wed­ren.

Die CAS het Bo­ra-Hans­gro­he se ap­pèl gis­ter van die hand ge­wys.

) Van­dag se se­wen­de skof is oor 213,5 km tus­sen Troy­es en Nuits-Saint-Ge­or­ges.

NGETTY IMAGES

Fo­to:

V­reug­de is ’n sko­foor­win­ning. Mar­cel Kit­tel (Quick S­tep) van Duits­land vier sy oor­win­ning in D­gis­ter se ses­de skof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.