Val­ke voor­ste span op LSOB­Week in Dur­ban

Beeld - - Veilings - – S­port­re­dak­sie

Die Val­ke het die laas­te sê ge­had op die rug­by­week by G­len­wood Ho­ër­skool in Dur­ban vir Leer­lin­ge met Spe­si­a­le On­der­wys­be­hoef­tes, toe hul­le die Bo­land gis­ter met 25­12 ge­klop het. Hul­le was rus­tyd met 20­7 voor. In die an­der groot wed­stryd, het die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie die Goue Leeus met 55­0 ver­niel na­dat hul­le rus­tyd ge­mak­lik met 45­0 voor was.

Die Blou Bul­le het die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie net­net met 22­21 ge­klop.

Die Lui­perds het ’n ag­ter­stand van 14­17 uit­ge­wis om die Goue Leeus se Bui­ten­ge­wo­ne On­der­wys­span met 50­17 te klop.

Die SWD het 12 drieë ge­druk in hul oor­win­ning van 68­17 oor die Vry­staat, ter­wyl die G­rif­fons die Blou Bul­le se Bui­ten­ge­wo­ne On­der­wys­span met 48­7 ge­klop het en die Pu­mas vir K­waZu­lu­Na­tal met 72­0 ore aan­ge­sit het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.