Root buit Pro­te­as se fla­ters op Lord’s uit

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Suid-A­fri­ka se krie­ket­span het gis­ter weer een van die oud­ste les­se in dié s­port ge­leer: Jy gaan duur be­taal as jy nie jou ge­leent­he­de aan­gryp nie.

Die Pro­te­as het die eer­ste toets goed be­gin teen En­ge­land op Lord’s, maar was met die uit­skei­tyd op dag een met die rug teen die muur ná ’n won­der­li­ke 184* (227 bal­le; 26x4, 1x6) deur die nu­we En­gel­se kap­tein, Joe Root.

En­ge­land het 357/5 op Lord’s be­reik en is ste­wig in die saal.

Sa­ke het gis­ter­mid­dag só an­ders met die mid­dag­e­te ge­lyk, toe die tuis­span op 82/4 ge­stei­er het. Root het eg­ter twee puik ven­noot­skap­pe met Ben S­to­kes (114 om die vyf­de paal­tjie) en Moeen Ali (167*) om die ses­de paal­tjie ge­smee om En­ge­land in be­heer van sa­ke te plaas.

Dit is eg­ter hier waar die ver­brou­de kan­se Suid-A­fri­ka be­hoor­lik in die voet ge­skiet het.

Root is le­wens ge­gun op 5, 20 en 149, ter­wyl S­to­kes op 44 pens en poot­jies ge­boul is deur Mor­né Mor­kel. Maar dié le­ni­ge snel­ler het eg­ter ’n fout­bal af­ge­stuur. Mor­kel is nou die bou­ler in die ge­skie­de­nis van toets­krie­ket wat die mees­te paal­tjies (12) van ’n fout­bal ge­neem het. Hy het op Lord’s die Aus­tra­li­ër B­rett Lee (11) ver­by­ge­steek.

Root het met sy tel­ling op 5 hom met ’n haak­hou van Ka­gi­so Ra­ba­da se boul­werk mis­gis, maar die twaalf­de man, Ai­den Mar­kram, het die vlug van die bal op skerp­by ver­keerd ge­lees. Die bal is oor sy kop en het vir ’n vier oor die grenstou ge­bons.

Die En­gel­se kap­tein het ’n paar boul­beur­te la­ter vir Ra­ba­da deur die dek­ke pro­beer dryf, maar ’n dik bui­te­rand by­kry. Die bal het na JP Du­miny in die gan­ge­tjie ge­vlieg, maar dis deur sy bot­ter­vin­gers grond toe.

Root is een van die top-kol­wers in wê­reld­krie­ket. Jy kan ie­mand van sy ge­hal­te ’n le­we – laat staan nog drie! – gun nie.

Toe hy laat op dag een ge­stonk is van ’n Kes­hav Ma­ha­ra­jaf­le­we­ring en die kyk­weer wys die draai­er het ’n fout­bal af­ge­stuur, het mens nie ge­weet wat om te dink nie.

Dit is nie Root se skuld dat Suid-A­fri­ka skyn­baar ver­leer het hoe om die ba­sie­se din­ge reg te doen nie. Die En­gel­se kap­tein het glad nie op sy bes­te ge­lyk vir die eer­ste paar uur van sy beurt nie, maar hy het la­ter al hoe be­ter ge­kolf en het ver­al in die ses­sie ná tee be­hoor­lik on­der die bou­lers in­ge­klim.

Root se ver­moë en spel­peil gaan nog reu­se-pro­ble­me vir Suid-A­fri­ka in die oor­bly­wen­de wed­stry­de van dié reeks skep.

Die Pro­tea-aan­val het in die mid­dag­ses­sie sy gô ver­loor en teen die ein­de van die dag was dit net ’n ge­val om by die uit­skei­tyd uit te kom. En­ge­land het 175 lo­pies in die laas­te 150 mi­nu­te se spel ge­mo­ker om die gang van die dag heel­te­mal in die tuis­span se guns te swaai.

Ver­non P­hi­lan­der (3/46) was op sy stuk­ke en sy 3/26 in die og­gend het En­ge­land vir ’n wy­le op die ag­ter­voet ge­had.

Fo­to: GETTY IMAGES

Quin­ton de Kock kan nie glo Joe Root oor­leef wéér nie – dié keer ’n stonk­kans na­dat die draai­er Kes­hav Ma­ha­raj ’n fout­bal af­ge­stuur het. Root (in­las) kolf van­dag op 184 voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.