S­wys los dalk óók die Leeus

Vry­staat ont­ken ge­rug­te oor Fran­co

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­hann Ac­ker­mann se reg­ter­hand by die Leeus, die er­va­re aan­valsaf­rig­ter S­wys de Bruin, gaan waar­skyn­lik ook sy ver­bin­te­nis met dié rug­by­u­nie be­ein­dig.

Al­les dui daar­op dat De Bruin oor die hoof ge­sien gaan word as Ac­ker­mann se op­vol­ger as hoof­af­rig­ter van die Leeus se Su­per­span.

Ac­ker­mann sit ná die Su­per­reeks sy loop­baan by Glou­ces­ter in En­ge­land voort.

Ge­rug­te doen die rond­te dat Fran­co S­mith, af­rig­ter van die C­hee­tahs en ag­ter­lyn­brei­er van die S­pring­bok­ke voor in die tou staan om die Leeus se nu­we brei­er te word.

Daar word selfs be­spie­gel dat B­ren­dan Ven­ter, wat saam met S­mith by die S­pring­bok­ke be­trok­ke is, dalk ook by die Leeus se af­rig­ting­span sal aan­sluit.

Die Vry­staat­se Rug­by­u­nie het eg­ter gis­ter ten sterk­ste ont­ken dat S­mith groe­ner wei­vel­de in Jo­han­nes­burg gaan soek.

“Fran­co het tot 2020 ’n kon- trak met die Vry­staat C­hee­tahs (Edms.) Bpk. en hy sal slegs vir die S­pring­bok­ke vry­ge­stel word,” het die Vry­staat in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Fran­co vorm ’n baie groot deel van die C­hee­tahs se toe­koms­plan­ne en is baie ge­luk­kig hier. Hy gaan ’n groot en se­ni­or rol in die toe­koms­plan­ne van die C­hee­tahs speel.”

Ru­dolf S­tra­eu­li, die Leeus se uit­voe­ren­de hoof, het aan Rug­by365 ge­sê dis bloot “kwaad­wil­li­ge ge­rug­te” dat De Bruin die Goud­stad wil ver­laat.

“Ons is nog be­sig met ’n pro­ses (om Ac­ker­mann se plaas­ver­van­ger aan te stel). Ons sal eers die Cur­rie­be­ker-af­rig­ter aan­kon- dig, maar dit sal voor­ty­dig wees om dit te doen voor Sa­ru be­sluit het oor aan­staan­de jaar se Su­per­span­ne.”

In­dien ’n af­rig­ter soos S­mith wel die Leeus se pos kry, sal dit ’n skop in die tan­de wees vir De Bruin, wat ’n deur­slag­ge­wen­de rol ver­tolk het om van die Leeus die suk­ses­vol­ste aan­val­len­de span in die land te maak.

Hy sal glo die pos as hoof­af­rig­ter van die Cur­rie­be­ker­span aan­ge­bied word, maar nie die Su­per­rug­by-pos kry nie.

In só ’n ge­val kan De Bruin se kop Kaap toe staan, waar die S­tor­mers maar al te gre­tig sal wees om hom te be­trek.

De Bruin is be­skou as die lo- gie­se op­vol­ger vir Ac­ker­mann en dit sou ook die skuif ge­wees het wat die min­ste ont­wrig­ting by die Leeus ver­oor­saak het.

Pak hy ook soos Ac­ker­mann sy tas­se, kan dit ’n na­de­li­ge uit­wer­king hê op die span en spe­lers en ook die een­heid daar in die ge­drang bring.

De Bruin wou nie juis kom­men­taar le­wer oor die ge­rug­te dat hy nou vir die Leeus ver­lo­re gaan wees nie, maar het ge­sê: “Ek glo daar is sei­soe­ne in ’n mens se le­we en daar­die sei­soe­ne kom en gaan. “My tyd­perk hier by die Leeus is een wat ek al­tyd sal koes­ter en won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge aan sal hê, wat ook al vo­ren­toe ge­beur.”

Fo­to: GALLO IMAGES

S­wys de Bruin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.