Lam­bie dink nog lank nie aan uit­tree

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Pat Lam­bie mag vir drie tot ses maan­de nie aan kon­tak­sport bloot­ge­stel word nie, maar hy sál weer rug­by speel.

Die Haaie het gis­ter ’n lang ver­kla­ring uit­ge­reik oor die toe­koms van dié Bok-los­ska­kel, wat reeds vir twee maan­de weens har­sing­skud­ding op die kruk­ke­lys is.

Lam­bie het in Mei vir die der­de keer in min­der as twee jaar har­sing­skud­ding op­ge­doen.

“Ons het die af­ge­lo­pe ses we­ke so­veel as moont­lik in­lig­ting in­ge­win en daar­om wou ons geen on­ge­gron­de stel­lings in die me­dia maak nie,” sê Alan Kou­rie, die Haaie se span­dok­ter, in die ver­kla­ring.

“Pat is ver­wys na twee on­af­hank­li­ke spe­si­a­lis­te, een wat in har­sing­skud­ding spe­si­a­li­seer en ’n neu­ro­loog. Ons het ook die me­ning van ’n spe­si­a­lis in B­rit­tan­je, wat reeds met meer as 1 500 ge­val­le van har­sing­skud­ding te doen ge­had het, ver­kry. Al drie dok­ters, ek in­kluis, het be­sluit dat ’n tyd­perk van drie tot ses maan­de son­der kon­tak no­dig is.

“Die be­sluit is ge­neem om aan Pat ge­noeg­sa­me tyd te gee om van al sy simp­to­me te her­stel. Daar­na is daar geen re­de waar­om hy nie weer sal kan speel nie,” sê Kou­rie.

Hy sê Lam­bie se simp­to­me het lig­te hoof­py­ne en baie sen­si­tie­we oë in­ge­sluit.

“Hy het ook wak­ker ge­word en ba­ba­laas ge­voel in die og­gen­de, maar dit is nou ver­by. Na­dat hy har­sing­skud­ding op­ge­doen het, was hy vir drie we­ke lank op me­di­ka­sie en hy het ’n paar ses­sies by ’n fi­si­o­te­ra­peut ge­had. Sy hoof­py­ne is by­kans heel­te­mal ver­by en sy oë is ook nie meer so sen­si­tief vir lig nie.”

Lam­bie sê hy is glad nie van plan om uit te tree nie.

“Ek sal be­slis weer rug­by speel en ek het be­slis geen plan­ne om uit te tree nie,” sê hy.

“Ek het die af­ge­lo­pe maand daag­liks vir 30 tot 40 mi­nu­te ge­oe­fen en ver­le­de week het ek weer be­gin hard­loop. Ek het ook ’n deeg­li­ke re­ha­bi­li­ta­sie­pro­gram vir my nek en oë, wat ek daag­liks by die Haaie volg. Niks van die oe­fe­nin­ge wat ek doen, ver­er­ger my simp­to­me nie.

“Ek fo­kus nou slegs daar­op om heel­te­mal te her­stel en weer fiks en sterk te word. Wan­neer my rus­pe­ri­o­de van drie maan­de ver­by is, sal ek weer kyk waar ons is wat die res van die rug­by­ka­len­der van 2017 be­tref,” sê Lam­bie.

Pat Lam­bie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.