Gibbs sê hy is fiks en lus vir nu­we spog­li­ga

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die voor­ma­li­ge Pro­tea-aan­vangs­kol­wer Herschel­le Gibbs wil sy kolf af­stof en bit­ter graag la­ter van­jaar in die T20 Glo­bal Le­a­gue (T20GL) in Suid-A­fri­ka speel.

Die 43-ja­ri­ge Gibbs het gis­ter ge­sê hy het by die be­kend­stel­ling van die agt span­ne se ei­e­naars drie we­ke ge­le­de in Lon­den met ’n voor­ne­men­de af­rig­ter van een van die span­ne ge­sels.

“Die af­rig­ter is gaan­de oor die i­dee dat ek vir sy span speel. My be­geer­te om k­rie­ket te speel, is ook nog daar, maar niks is nog amp­te­lik nie,” sê Gibbs.

Hy wou nie die be­trok­ke af­rig­ter se naam ver­strek nie om­dat hy nog nie amp­te­lik as brei­er van die be­trok­ke span aan­ge­wys is nie. Gibbs het wel ge­sê dit is een van “die span­ne in die noor­de” en nie ’n Kaap­se span nie.

Hy het ook ge­sê hy het twee maan­de ge­le­de met die Ca­pe Co­bras ge­praat oor die moont­lik­heid om weer vir hul­le te speel. Hy het eg­ter nog nie weer van hul­le ge­hoor nie.

Gibbs sê sy be­geer­te om weer te speel, is een­vou­dig te groot om te ig­no­reer.

“Men­se sal won­der oor my ou­der­dom, maar ek is steeds fiks. Kyk maar na Brad Hogg (die 46ja­ri­ge voor­ma­li­ge Aus­tra­lie­se draai­bou­ler). Hy speel nog in die Big Bash-li­ga. Ek is nou eers 43. Dit gaan meer oor die be­geer­te om te speel as e­nig­iets an­ders.”

Gibbs het in 2013 laas be­roepskrie­ket ge­speel toe hy vir die St. Lu­cia Zouks in die Ka­ri­bie­se P­re­mier­liga diens ge­doen het.

Sy laas­te wed­stryd vir die Pro­te­as was ’n T20-wed­stryd in 2010 teen Pa­ki­stan.

Gibbs sê die T20GL hou baie voor­de­le vir Suid-A­fri­ka in.

“Uit ’n fi­nan­si­ë­le oog­punt is dit ui­ter­aard baie goed vir k­rie­ket in die land. Maar dit gee ook aan jong spe­lers die kans om op ’n hoë vlak mee te ding.”

K­rie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) het reeds vroe­ër die ei­e­naars van die agt span­ne wat in dié toer­nooi, wat in No­vem­ber van­jaar be­gin en op 16 De­sem­ber af­ge­sluit word, be­kend ge­maak.

Span­ne sal in Kaap­stad, Port E­li­za­beth, Bloem­fon­tein, Dur­ban, P­re­to­ria, Be­no­ni, Jo­han­nes­burg en S­tel­len­bosch/ Paarl ge­se­tel wees. ) Spe­lers wat in die T20GL wil speel, moes voor die ein­de van Mei ’n be­lang­stel­lings­vorm by KSA in­ge­dien het. Meer as 400 spe­lers het glo reeds aan­ge­dui hul­le wil in dié toer­nooi speel. KSA sal die­ge­ne laat weet wat aan hul kri­te­ria vol­doen.

Dié spe­lers sal dan in ’n spe­ler­strek­king deur die ver­skil­len­de span­ne ge­kies word.

Dié trek­king vind op 19 Au­gus­tus plaas en el­ke span mag 17 spe­lers kon­trak­teer.

Herschel­le Gibbs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.