Wie is Da­wie Ja­cobs van S­ter­re­wag?

Min ge­reel­de brief­skry­wers kry so­veel re­ak­sie van Beeld se le­sers as Da­wie Ja­cobs van S­ter­re­wag in P­re­to­ria. het gaan uit­vind wie hy is en waar­om hy soms men­se die joos in maak.

Beeld - - Front Page - Da­wie Ja­cobs (mid­del) op die rug­by­veld in ’n wed­stryd in die bui­te­land wat hy help re­ël het teen ’n swart span uit Suid­A­fri­ka. Mar­ga Ley Mar­ga Ley was lank brie­we­re­dak­teur van Beeld. Sy is nou ’n dag­re­dak­teur van Net­werk24.

Hoe lan­ger ek as brie­we­re­dak­teur van Beeld te doe­ne ge­had het met Da­wie Ja­cobs, hoe gro­ter het die kou­gom­bor­rel ge­word wat ek voor my sig ge­blaas het met al my voor­op­ge­set­te i­dees oor wie en wat Da­wie is.

Per slot van re­ke­ning het hy my in dié tyd twee keer by die re­dak­teur ver­kla om­dat ek nie sy brie­we ge­plaas het nie. En my hel ge­gee om­dat ek ’n SMS ge­plaas het wat na hom ver­wys het as D­wa­sie – van een van die baie le­sers wat nie met Da­wie Ja­cobs saam­stem nie.

Hoe na­der ek dus na die S­tar­bucks in die Men­lyn Mai­ne-sen­trum in P­re­to­ria stap waar ek Da­wie gaan ont­moet, hoe meer ver­baas is ek dat ek nie ’n ego sien hang oor die ge­bou nie.

“Ek hou van kof­fie en van ge­sels,” sê Da­wie ge­sel­lig en nog voor ek my kon kry, het hy klaar kof­fie be­stel met ’n a­man­del­be­skuit­jie waar­voor hy be­taal het – ter­wyl ek hóm vir die on­der­houd ge­nooi het en dus wou be­taal. Ek het dui­de­lik met ’n di­plo­maat en heer te doen.

My eer­ste vraag is van­self­spre­kend: Hoe­kom skryf jy so baie?

Da­wie sit ef­fens vo­ren­toe en kyk my in die oë.

“Men­se leer nie uit die ver­le­de nie. Dit is my hei­li­ge plig om ’n ver­skil te maak deur my ja­re se er­va­ring te­rug te ploeg.”

Hy sit ’n bie­tjie te­rug en kyk af na sy han­de wat ge­vou voor hom is. “Mis­kien is ek ge­dre­we.”

In­der­daad, dink ek. Self­ken­nis – ’n baie be­lang­ri­ke deug in ’n mens. Ie­mand vir wie jy reg­uit vrae kan vra en reg­uit ant­woor­de sal kry – di­plo­ma­ties reg­uit.

Da­wie is baie se­ker oor die ver­le­de – hy is ’n man met ’n regs­ag­ter­grond en baie on­der­vin­ding in die po­li­tiek. Hy was Suid-A­fri­ka se am­bas­sa­deur in G­rie­ke­land, ho­ë­kom­mis­sa­ris in Si­prus met ak­kre­di­ta­sie as am­bas­sa­deur in Bul­ga­rye, Joe­go-Sla­wië, Bos­nië-Her­ze­go­wi­na en Ma­ce­do­nië en hoof van mis­sie in Mon­te­vi­deo, Uru­guay. Hy praat S­paans en Duits vlot.

Hy is op sy ge­mak, vrien­de­lik, o­pen­lik, eer­lik en ons ge­sels ’n hond uit ’n bos.

“Die goed wat in die ver­le­de ge­beur het, gaan nie oor­nag ver­dwyn nie. Swart men­se is vir ge­slag­te lank ver­ne­der, aan­ge­rand.

“Ons leef steeds in twee wê­rel­de in Suid-A­fri­ka. Ek stap graag en praat dan met al­mal. Swart men­se voel steeds nie tuis in P­re­to­ria nie; dit word steeds deur blan­kes oor­heers.

“Die ver­le­de is steeds on­der wit men­se se op­per­vlak. En swart men­se het in die a­part­heids­ja­re ge­leer om on­der die op­per­vlak te sien.

“Hul­le moes el­ke dag pro­beer lees hoe die baas van­dag on­der die op­per­vlak voel en daar­by aan­pas om moei­lik­heid te voor­kom.

“Hul­le sien nou nog mak­lik deur die op­per­vlak. Jy kan glim­lag en vrien­de­lik wees, maar hul­le sien jou wa­re ge­sind­heid on­der daai vrien­de­lik­heid.”

Da­wie ver­tel hy het op ’n plaas in die Oos-Vry­staat groot­ge­word met swart speel­maats op die plaas en ’n En­gel­se maat­jie op skool. Hy het dis­kri­mi­na­sie teen al­bei ge­sien. Deur on­der meer die su­per-A­fri­ka­ner, die NP en die Broe­der­bond. Hy het die reg ge­kies as loop­baan en sy be­le­we­nis van dis­kri­mi­na­sie teen men­se om hom het ver­skerp toe hy ’n aan­kla­er en land­dros was.

’n Groot in­vloed op Da­wie se sie­nings het ge­kom toe hy se­kre­ta­ris van die Cil­lié-kom­mis­sie van on­der­soek na die oor­sa­ke van die 1976-op­stan­de in So­we­to was. “Ba­sies was die wit­man hier in die be­skul­dig­de­bank en die uit­spraak was skul­dig, skul­dig, skul­dig.”

Da­wie glo al­le voor­uit­gang ten op­sig­te van ver­soe­ning en brûe bou tus­sen ge­meen­skap­pe het nou in Suid-A­fri­ka tot stil­stand ge­kom.

“In die eu­fo­rie van die re­ën­boog­na­sie het ons nie ge­kyk na die knel­pun­te nie. Nou be­gin ons pro­ble­me kry. Die men­se is weer on­rus­tig.”

Da­wie is nie net ge­dre­we nie, hy is ge­dre­we op­ti­mis­ties.

“Men­se het meer in ge­meen as wat hul­le skei.

“Praat is al hoe jy me­kaar kan leer ken. Ten diep­ste is ons al­mal die­self­de en wil ons die­self­de hê.

“Ek glo ons het die men­se­ma­te­ri­aal on­der al­le be­vol­kings­groe­pe om ons vo­ren­toe te neem. Ons het die wê­reld eens ver­stom en nou word ons ge­dwing om na ons pro­ble­me te kyk. Ek glo ons is reg om weer so ’n sprong te maak.”

Da­wie deel sy oor­tui­ging op ’n ma­nier wat jou laat luis­ter. Daar is geen uit-die-hoog­te-hou­ding nie. Ek ver­tel hom dat ek ge­dink het hy het ’n reu­se-ego. Hy lê skuins soos hy lag. Nog lug ont­snap uit my bor­rel vol voor­op­ge­stel­de i­dees . . . Ek hou van ie­mand wat vir hom­self kan lag.

Reg­uit kom dit van die oud­di­plo­maat: “Die ANC maak die­self­de fou­te as die NP en wat wê­reld­wyd ge­maak word.

“In al­le be­skei­den­heid, ek het baie bloot­stel­ling in baie lan­de ge­had.”

Hy ver­tel in Si­prus was daar ook twee ver­deel­de groe­pe, ook in Duits­land toe hy daar was.

In Duits­land het hy ’n pro­jek be­gin om Suid-A­fri­ka­ners op plaas­li­ke re­ge­rings­vlak op­lei­ding te laat kry in Duits­land. Hy ver­tel van ’n raads­lid van Diep­sloot, ’n diep ge­lo­wi­ge man wat “ge­bid het vir swart en wit”.

“Hy was so po­si­tief. Hy is net voor­dat hy weer Duits­land toe kon kom met ’n AK47 vod­de ge- skiet.”

Da­wie hoes en kug, kyk dié kant toe en daai kant toe. Sy oë blink.

“Ek is ten diep­ste ’n op­ti­mis. Ek het ge­sien hoe din­ge kan ver­an­der, soos in Duits­land.

“Ons het steeds won­de. Ons moet fo­kus op die ge­meen­skap­li­ke. Dis die reg­te ding om po­si­tief te wees . . . As jy glo din­ge gaan nie werk nie, gaan hul­le nie.”

Da­wie self het kan­ker oor­win. Hy het die Ca­mi­no de San­ti­ag­o­pel­grimstap­roe­te ge­stap, hy het ’n die­pe lief­de vir die na­tuur en neem fo­to’s, hy stap so­wat 30 km per week, is mal oor sy hond en skryf “de­ka­des” al brie­we.

Sy brie­we het ’n se­ker­heid en en hy pro­beer daar­in fou­te in han­del en den­ke wat men­se maak uit­wys.

Dit maak men­se soms kwaad. Maar Da­wie veg met fei­te, nie met le­li­ke en ver­klei­ne­ren­de woor­de en be­na­min­ge nie.

Hy glo vas daar is hoop, hy het iets om te sê en hy sal aan­hou om dit te sê. Daar is geen ego in die pad nie.

En daar­mee sit ek met die he­le kou­gom­bor­rel in­ge­plof oor my ge­sig. )

HY STOOK DIE VUUR

Fo­to: MAR­GA LEY

Da­wie Ja­cobs in die Men­lyn Mai­ne­sen­trum in P­re­to­ria.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.