‘Die land se swak punt ge­bruik’

Mi­nis­ter skep­ties oor Bell Pot­tin­ger

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Die mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, Ay­an­da Dlod­lo, ver­trou nie Bell Pot­tin­ger se ver­sko­ning nie. Dié B­rit­se ska­kel­maat­skap­py het eer­gis­ter om ver­sko­ning ge­vra vir die veld­tog wat hy na­mens die Gup­tas in Suid-A­fri­ka be­stuur het.

Dlod­lo het gis­ter­mid­dag aan News24 ge­sê dit is on­waar­skyn­lik dat ’n maat­skap­py of per­so­ne, soos die Gup­tas, ’n beeld­poet­ser sal aan­stel son­der om te weet wat daar­die ska­kel­maat­skap­py gaan doen.

“As hul­le Bell Pot­tin­ger aan­ge­stel het, moes hul­le ui­ter­aard aan hul­le ’n op­drag­be­skry­wing ge­gee het.

“Jy stel nie ’n maat­skap­py aan en laat hul­le net los nie.

“En as jy ’n op­drag­be­skry­wing aan hul­le ge­gee het, mo­ni­tor jy tog die si­tu­a­sie. As jy on­ge­mak­lik raak, tree jy op.”

Sy het ge­sê die term wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal is al lank deel van die Suid-A­fri­kaan­se po­li­tiek. Maar dit het die laas­te ruk meer vas­trap­plek ge­kry.

Daar is vroe­ër be­spie­gel dat die term deur Bell Pot­tin­ger ge­ves­tig is as weer­lig­af­lei­er vir staat­skaping.

Dlod­lo het ge­sê die be­vor­de­ring van ras­se­ver­de­ling durf nie toe­ge­laat word nie.

Plaas­li­ke maat­skap­pye en die re­ge­ring moet ook nie met on­der­ne­mings as­so­si­eer wat nie die Grond­wet se e­tos on­der­skryf nie. Suid-A­fri­ka be­hoort eg­ter nou aan te be­weeg, het sy ge­sê.

“Ons as Suid-A­fri­ka­ners kon nog al­tyd aan­be­weeg, selfs al word daar nié om ver­sko­ning ge­vra nie.”

Sol­ly Moeng, ’n han­dels­merk­ken­ner, het ge­sê ras­sis­me is een van Suid-A­fri­ka se swak­pun­te en Bell Pot­tin­ger se veld­tog het dit uit­ge­buit.

Die ska­de wat dit die land be­rok­ken het, kan her­stel word, maar dit sal tyd neem.

Die veld­tog het Suid-A­fri­ka­ners tot die rand­jie van die af­grond ge­druk.

“Dit het wit men­se laat vra of daar vir hul­le nog ’n toe­koms in die land is,” het Moeng aan News24 ge­sê.

Hy glo ook nie Ja­mes Hen­der­son, be­stuurs­hoof van Bell Pot­tin­ger, se ver­sko­ning dat die top­be­stuur nie ge­weet het wat met dié mul­ti­mil­joen­rand­pro­jek aan­gaan nie.

Bell Pot­tin­ger het aan­vank­lik hef­tig ont­ken dat hy e­nig­iets ver­keerd ge­doen het en het be­weer sy kli­ën­te is on­skul­di­ge slag­of­fers.

Vol­gens ken­ners word die ska­kel­maat­skap­py nou deur sy eie kri­sis in die ge­sig ge­staar.

Die teen­re­ak­sie op die veld­tog het waar­skyn­lik e­nor­me re­pu­ta­sie­ska­de oor hom ge­bring, meen dr. Ma­rie­tjie T­heron-We­pe­ner van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch se be­stuur­skool.

Sy sê Bell Pot­tin­ger het die saak swak han­teer.

Hy moes van be­ter ge­weet het om­dat hy as ’n kom­mu­ni­ka­sie­maat­skap­py juis re­pu­ta­sie­be­stuur- en kri­sis­kom­mu­ni­ka­sie­diens­te aan­bied.

“Wan­neer so ’n kri­sis op­duik, is dit nood­saak­lik dat daar on­mid­del­lik op­ge­tree word.

“Hoe meer tyd ver­loop voor op­tre­de, hoe gro­ter is die knou wat ’n on­der­ne­ming se ge­loof­waar­dig­heid en daar­mee saam sy re­pu­ta­sie toe­ge­dien word,” sê T­heron-We­pe­ner.

“Die be­lang­rik­ste ding wat da­de­lik moet ge­beur, is om op ’n reg­streek­se, deur­sig­ti­ge en ge­loof­waar­di­ge ma­nier te kom­mu­ni­keer,” sê sy.

“’n Mas­sie­we ska­kel­pro­gram sal Bell Pot­tin­ger nie in hier­die sta­di­um help nie.

“Wat nou be­lang­rik is, is om da­de­lik te be­gin om die ver­troue in die maat­skap­py te her­stel.”

Die po­li­tie­ke ont­le­der T­heo Ven­ter van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se sa­ke­skool sê Pot­tin­ger is die twee­de groot slag­of­fer van die Gup­ta-e-pos-skan­daal.

Die an­der is Mo­ses K­gosa­na, wat vroe­ër as uit­voe­ren­de hoof en se­ni­or ven­noot van KPMG Suid-A­fri­ka be­wus was van on­ge­rymd­he­de by Gup­ta-maat­skap­pye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.