Bruid se laas­te oom­blik­ke voor he­li val

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Beeld­ma­te­ri­aal is pas op die in­ter­net ge­laai van ’n he­li­kop­te­ron­ge­luk “wat Bra­si­lië ge­skok het” toe ’n bruid in De­sem­ber op pad na haar troue ver­on­ge­luk het.

Ro­se­mei­re Nas­ci­men­to da Sil­va (32) wou haar toe­koms­ti­ge man ver­ras deur op 4 De­sem­ber in ’n he­li­kop­ter by hul troue in Sao Pau­lo op te daag. Maar vol­gens Dai­ly Mail het U­di­r­ley Da­mas­ce­no ver­geefs by die kan­sel ge­wag tot­dat die pas­toor wat hul­le sou trou, die hart­ver­skeu­ren­de ty­ding aan hom oor­ge­dra het.

Die he­li­kop­ter met Da Sil­va, haar broer, hul trou­fo­to­graaf wat ses maan­de swan­ger was, en die vlie­ë­nier aan boord, het om- streeks 16:00 die mid­dag so­wat 2 km van die trou-ve­nue in ’n woud neer­ge­stort.

Vi­de­o­beeld­ma­te­ri­aal deur Nay­la C­ris­ti­na Ne­ves, die fo­to­graaf, is pas deur die Bra­si­li­aan­se nuus­diens Glo­bo ge­wys.

In die vi­deo wat Rus­sia To­day op YouTu­be ge­laai het, kan ’n mens sien hoe op­ge­won­de Da Sil­va is waar sy ag­ter in die he­li­kop­ter in haar trou­rok aan haar broer se arm klou en by die ven­ster uit­kyk ter­wyl die he­li­kop­ter deur dig­te mis vlieg.

Die vlie­ë­nier suk­kel eg­ter blyk­baar om die ve­nue te vind en om die he­li­kop­ter te stuur.

Dan hoor ’n mens hoe skree ie­mand “pi­lo­to!” (vlie­ë­nier) en in die cha­o­tie­se beel­de wat daar­na flits, sien ’n mens die wit trou­rok. Dan hou die ka­me­ra skie­lik op tui­mel en al­les is stil waar dit op die grond lê ná die val.

Vol­gens Glo­bo het een van Da Sil­va se broers Ne­ves se ka­me­ra vier dae ná die on­ge­luk op­ge­tel toe hy na hul per­soon­li­ke be­sit­tings gaan soek het.

Car­los E­du­ar­do Ba­tis­ta, wat die troue help re­ël het, het in De­sem­ber aan Glo­bo ge­sê hy het da­de­lik be­sef iets het ver­keerd ge­loop toe die he­li­kop­ter nie op ’n sok­ker­veld na­by die ve­nue ge­land het nie, om­dat hy be­ves­ti­ging ge­had het dat hul­le wel op­ge­styg het. ) Waar­sku­wing: Die vi­deo by hier­die be­rig kan som­mi­ge ky­kers ont­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.