Haai maar die Kurt lyk al­te fraai!

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

As jou dog­ter daar­op aan­dring dat jy ’n on­e­sie moet aan­trek, dan doen jy dit. Selfs al is jy Kurt Dar­ren – een van die groot­ste A­fri­kaan­se mu­siekster­re in die land.

Kurt het Woens­dag ’n fo­to van hom in ’n haai­uit­rus­ting saam met sy dog­ter, Ky­rah (2), in ’n een­ho­ring­pak­kie, ge­twiet.

“Ek is moeg daar­voor om my fa­mi­lie te ver­maak,” het hy daar­by ge­skerts. “Ek sien uit na In­ni­bos.”

Kurt het daar­na nog ’n fo­to van hom en Ky­rah ge­twiet. “Daar­sy, die haai en die u­ni­corn rus­tig langs me­kaar,” het hy daar­by ge­skryf.

Sy vrou, Du­nay, sê dis ’n snaak­se sto­rie oor hoe hy in ’n haai ver­an­der het. Hul­le het Maan­dag op die in­ge­wing van die oom­blik be­sluit om vir dié week na Lan­ge­baan te gaan voor­dat Kurt vol­gen­de week na A­me­ri­ka ver­trek. In haar haas om vir haar fa­mi­lie kle­re in te pak het sy eers met hul aan­koms be­sef dat sy ver­geet het om haar slaap­kle­re in te pak.

“Ek hard­loop toe gou by die k­lein win­kel­sen­trum op Lan­ge­baan in en al wat hul­le in my groot­te ge­had het om in te slaap was ’n on­e­sie,” sê Du­nay.

Sy het toe vir Ky­rah ’n een­ho­ring­pak­kie ge­koop en vir hul seun, Ka­de, ’n haas­pak­kie.

“En vir Pap­pa?” het Ky­rah ge­vra.

“Ek het nie eers ge­weet hul­le maak on­e­sies vir mans nie,” sê sy. Al een­stuk­pak wat die win­kel vir mans ge­had het, was die haai­pak, wat sy toe vir Kurt ge­koop het.

Ky­rah het haar heel­te­mal in ’n ver­beel­dings­wê­reld in­ge­leef toe haar pa die haai­pak aan­trek.

“Sy het heel­te­mal ver­geet dis haar pap­pa en het hom selfs aan­ge­spreek as Haai,” sê Du­nay.

“Hul­le het op en af in die huis ge­hard­loop. Hy was na­der­hand so moeg.” Kurt het selfs in die haai­pak ge­slaap.

Du­nay sê dit gaan baie goed met Ka­de, wat in Ok­to­ber ge­bo­re is.

“Hier­die kind is die soet­ste en die rus­tig­ste ooit, hy is so ’n se­ë­ning en sy sus­sie is so lief vir hom,” sê sy. “As hy huil, dan hard­loop sy na hom toe om vir hom sy fop­speen te gee.”

Beeld

Fo­to: DU­NAY NORTJÉ

Kurt Dar­ren en Ky­rah in hul een­stuk­pak­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.