Se­we aan­ge­keer ná aan­val op boer van Noord­wes

Beeld - - Nuus -

Se­we men­se wat daar­van ver­dink word dat hul­le D­ries “Blou­bul” Bo­tha Dins­dag­aand in ’n plaas­aan­val na­by B­rits ge­skiet het, is vas­ge­trek.

Hul­le het gis­ter in die hof in B­rits ver­skyn op aan­klag van po­ging tot moord.

Ao. M­pei­le T­ha­la­ne, po­li­sie­woord­voer­der in B­rits, sê die se­we is Woens­dag na­by Hart­bees­poort in heg­te­nis ge­neem. Hul­le word glo ook ver­bind met ’n an­der plaas­aan­val in die Hart­bees­poort-om­ge­wing.

Die po­li­sie het ook be­slag ge­lê op ’n vuur­wa­pen.

Bo­tha het vroe­ër die Blou­bul Pad­stal na­by sy plaas, K­lip­kop, so­wat 20 km bui­te B­rits, be­dryf.

Hy is vyf keer ge­skiet. Die sko­te is deur sy bo­lyf, skou­er en reg­ter­arm. Hy het Dins­dag­aand ’n nood­o­pe­ra­sie on­der­gaan om die ska­de aan sy in­ge­wan­de, ver­al sy pan­kre­as, te her­stel.

Sy dog­ter, Ma­rié, het gis­ter ge­sê dit gaan al ef­fe be­ter met hom. “Hy maak nou en dan sy oë oop.”

Bo­tha word in die B­rits Me­di­cli­nic se waak­een­heid be­han­del.

Sy vrou, D­rie­ka (53), het haar ty­dens die skie­te­ry in die bad­ka­mer toe­ge­maak en per sel­foon hulp van boe­re ont­bied.

Sy is fi­siek on­ge­deerd, maar erg ge­trau­ma­ti­seer.

Die ro­wers het D­ries om­streeks 20:00 oor­val toe hy ’n a­larm in ’n bui­te­ge­bou gaan aan­ska­kel het.

“My pa het te­rug­ba­klei vir sy le­we,” het Ma­rié kort ná die aan­val ge­sê. “Die ro­wers het weg­ge­hard­loop son­der om e­nig­iets te steel. Dis as­of hul­le ge­kom het om hom dood te maak.” ) Die aan­val op die Bothas is die ses­de in min­der as drie maan­de in Noord­wes. Vier boe­re, El­sa Eras­mus, Pa­trick I­tu­me­leng, BC G­rey­ling en Han­no S­teyn, is in die aan­val­le dood­ge­skiet. Bo­tha, Mar­let­te G­rey­ling en Blackie van den Berg is ge­skiet of erg aan­ge­rand.

D­rie­ka en D­ries Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.