Van Co­ke gaan nooit op­hou

Beeld - - Nuus - Simon Sonnekus

Fran­cois van Co­ke sê hy be­plan om mu­siek te maak tot op sy ou­dag. Die rock­san­ger het van­dees­week twee keer by die In­ni­bos-fees in M­bom­be­la op­ge­tree. Een keer saam met sy band, Die Ge­vaar, en een keer as deel van VanFokKingTas­ties.

“Ek is ge­luk­kig om mu­siek te maak vir ’n le­we, dit is iets waar­voor ek baie dank­baar is. In­dien ek kan, sal ek mu­siek speel tot op my ou dag. Ek be­plan om nooit op te hou nie,” sê hy.

Van Co­ke sê sy fo­kus het deur die ja­re ver­skuif na sy op­tre­des eer­der as die par­ty­tjie ná die tyd.

“As jy my ’n paar jaar ge­le­de ge­vra het, sou ek sê ek is hier vir die par­ty, maar nou gaan dit oor die gig.”

Daar­be­ne­wens is hy ook nou ’n ge­sins­man. Hy en sy vrou, Lau­ren Ba­den­horst, het agt maan­de te­rug hul dog­ter A­lex Li­la Ba­den­horst ver­wel­kom.

“My ge­sins­le­we het al­les ver­an­der. Ek het ge­dink ek is ge­reed daar­voor, maar ek was glad nie. Ek dink dit is wat ’n mens ’n vol­was­se­ne maak. Jy het skie­lik meer ver­ant­woor­de­lik­heid.”

Hy skerts dat as hy tuis kom ná ’n lang toer, is dit steeds sy bul­hond, Rin­go, wat die bly­ste is om hom te sien.

“Dis a­ma­zing om te­rug te kom by die huis en my dog­ter­tjie te sien. Toer is heel­te­mal an­ders as toe ek 23 was. Toe het ons in plek­ke ge­bly wat baie lek­ker­der was as waar ons ge­woon het. Nou het ek my eie huis waar­van ek hou met ’n vrou, dog­ter en hond waar­voor ek baie lief is,” sê hy.

Van Co­ke, wat sy tan­de as voor­san­ger van die groep Fo­kof­po­li­sie­kar ge­slyp het, sê hy sien uit na die groep se nu­we al­bum wat van­jaar uit­ge­reik word.

Die groep het deur ska­re­fi­nan­sie­ring geld in­ge­sa­mel om die al­bum klaar te maak. Hul­le het in Mei die R1 mil­joen-kerf oor­skry, na­dat hul­le aan­vank­lik ge­hoop het om R500 000 in te sa­mel.

“Ons is ver­baas. Ons het ge­weet daar is se­dert 2008 ’n aan­vraag vir ’n al­bum, maar ons het nooit ge­dink so­veel men­se gaan daar­voor by­dra nie,” sê hy.

Hy sê die geld­in­sa­me­ling het die le­de van die groep, wat elk­een an­der werk en pro­jek­te het, ge­dwing om tyd af te staan en Fo­kof­po­li­sie­kar weer op die been te kry.

“Ons al­mal is a­ma­zingly sto­ked oor die al­bum en ons sal dit de­fi­ni­tief in die toe­koms weer wil doen, dit hang net af of al­mal weer sal tyd kry daar­voor.”

Fo­to: Simon Sonnekus

Fran­cois van Co­ke ty­dens VanFokKingTas­ties se op­tre­de by In­ni­bos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.