Drie ka­pers ge­wond, in heg­te­nis ge­neem ná skiet­ge­veg

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Drie ver­dag­tes is gis­ter­mid­dag in ’n skiet­ge­veg met die po­li­sie in G­reens­to­ne Hill, E­den­va­le, aan die Jo­han­nes­burg­se OosRand ge­wond toe hul­le sko­te op die po­li­sie af­ge­vuur het.

Lt.kol. Kat­le­go Mo­ga­le, po­li­sie­woord­voer­der, sê die ver­dag­tes is deur ’n span van die Gau­teng­se mis­daad­in­tel­li­gen­sie-af­de­ling ge­ï­den­ti­fi­seer en op­ge­spoor.

Die po­li­sie het – in sa­me­wer­king met die Gau­teng­se ver­keers­po­li­sie, pri­va­te vei­lig­heids­maat­skap­pye en die op­spo­rings­maat­skap­py Trac­ker – om­streeks 13:00 op die ver­dag­tes toe­ge­slaan.

Vol­gens Mo­ga­le het die po­li­sie die ver­dag­tes se voer­tuig na­by die G­reens­to­ne-win­kel­sen­trum pro­beer voor­keer, waar­na die ver­dag­tes op hul­le los­ge­trek het.

Die po­li­sie het te­rug­ge­skiet, al drie ver­dag­tes ge­wond en op die to­neel in heg­te­nis ge­neem.

Die ver­dag­tes, van in die 20 en 30, is on­der po­li­sie­be­wa­king hos­pi­taal toe ge­neem om me­die­se sorg te kry.

Vol­gens Mo­ga­le het die ver­dag­tes in ’n ge­kaap­te voer­tuig ge­ry. Die po­li­sie het ook op twee on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pens, wat moont­lik met ’n an­der saak in Brac­ken­do­wns ver­bind kan

Beeld

word, be­slag ge­lê.

Die po­li­sie on­der­soek voor­lo­pig ’n saak van die be­sit van on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pens en die be­sit van ’n ge­kaap­te voer­tuig.

Die drie sal met­ter­tyd in die hof aan­ge­kla word en daar be­staan ’n moont­lik­heid dat ver­de­re aan­klag­te teen hul­le aan­han­gig ge­maak kan word.

Die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie­diens (SAPD) het die drie mis­da­de van huis­roof, sa­ke­roof en voer­tuig­ka­ping ge­pri­o­ri­ti­seer, sê Mo­ga­le.

Vol­gens I­ne­ke van Huys­steen, woord­voer­der vir ER24, is een van die ver­dag­tes in ’n kri­tie­ke toe­stand, ter­wyl die an­der min­der erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen het.

ER24 en ’n an­der nood­diens het die drie ver­dag­tes hos­pi­taal toe ver­voer.

Fo­to: SAPD

Die voer­tuig waar­in die ver­dag­tes be­trap is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.