Lyk wat op pa­tio hang, skok dorp in Kaap

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses

’n Ka­bel­bin­der is om sy nek ge­sit en hy is aan sy pa­tio se dak op­ge­hang. Sy han­de en voe­te was ook met ka­bel­bin­ders vas.

Só het Ian Mat­her (57) se huis­wer­ker hom Don­der­dag­og­gend by sy huis in Rie­beekKas­teel, so­wat 80 km bui­te Kaap­stad, ge­vind.

Mat­her, wat meer as tien jaar langs De­le­ne Ahrens in S­kool­straat ge­woon het, se dood het skok­gol­we deur die k­lein dor­pie ge­stuur, sê Ahrens.

“Ons is ge­skok dat so iets op jou voor­stoep ge­beur. Ek het am­per el­ke dag met Mat­her ge­sels en nou is hy nie meer daar nie. Daar is ’n on­rus­tig­heid in die dorp oor sy dood.”

Sers. No­loyi­so R­wex­a­na sê die om­stan­dig­he­de rond­om Mat­her se dood is nog on­dui­de­lik. Die po­li­sie het ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek in­ge­stel.

Vol­gens ’n bron met ken­nis van die on­der­soek is niks uit Mat­her se huis ge­steel nie. Sy skoot­re­ke­naar, plat­skerm­te­le­vi­sie­stel, beur­sie en sel­foon is in die huis ge­vind.

Daar is eg­ter glo aan­dui­dings dat men­se by hom ge­kui­er het. Die duur meu­bels op die pa­tio was deur­me­kaar en daar was baie gla­se.

Ahrens sê dat Mat­her so­wat drie maan­de ge­le­de in sy huis aan­ge­val is. “Hy is in sy bad­ka­mer vas­ge­bind en in ’n bad met wa­ter ge­sit. Ons was ge­skok ná die aan­val, maar sy dood het ons laat wak­ker skrik. As in­wo­ners van die dorp kan ons nie meer ge­rus wees nie. Jy weet nie of jy vol­gen­de is nie.”

Mat­her het die af­ge­lo­pe ruk al­leen saam met sy twee hon­de ge­woon. Die hon­de was glo in die huis toe­ge­sluit toe sy lyk ge­vind is. Sy le­wens­maat is glo van die bui­te­land op pad SuidA­fri­ka toe.

Mat­her se huis is al die af­ge­lo­pe maand in die mark.

Ian Mat­her (57)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.