Aan­ran­dings­klag teen boer ge­skrap

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

’n Saak van aan­ran­ding teen ’n boer van Volks­rust is in die plaas­li­ke land­dros­hof van die rol ge­skrap toe die staat vir die so­veel­ste keer uit­stel ge­vra het.

Hein­rich Ek­steen van die plaas Nooit­ge­sien het na be­we­ring in Sep­tem­ber 2015 ’n man aan­ge­rand wat glo hout op sy plaas ge­steel het.

Hy is in Au­gus­tus 2016 ge­las om in die land­dros­hof te ver­skyn, waar die saak uit­ge­stel is.

Dit het ge­volg op ’n an­der saak waar­in Ek­steen (32) van moord aan­ge­kla word. Dié saak her­vat in Au­gus­tus.

“Van No­vem­ber 2016 af was daar her­haal­de­lik uit­stel­le in die aan­ran­ding­saak,” sê sy ad- vo­kaat, S­te­pha­nie G­reen.

“Die staat het ons van­dag (gis­ter) in­ge­lig dat die dos­sier nou by die staats­ad­vo­kaat is vir ’n be­sluit of dié saak by die moord­saak ge­voeg gaan word.”

Die staat het weer vir uit­stel ge­vra, maar die land­dros het die saak van die rol ge­skrap en ge­sê dat e­ni­ge staats­aan­kla­er wat sy sout werd is die sa­ke van meet af aan sou saam­voeg.

Ek­steen ver­skyn op 28 Au­gus­tus in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof in B­rey­ten op aan­klag­te van moord en ont­voe­ring ná die dood van Si­bu­si­so Mk­ha­liphi in Mei 2016.

Hy is op borg­tog van R10 000 vry­ge­laat.–

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.