‘Dit gaan goed’ met Ma­rie­tjie, sê broer

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Ma­rie­tjie Vos­loo (39), wat van straf­ba­re man­slag aan­ge­kla word weens die dood van haar 17-ja­ri­ge stief­dog­ter, leef op grond­boon­tjie­bot­ter­brood­jies in die tronk in Mau­ri­ti­us.

“Dis al wat sy daar kan in­hou,” sê haar ou­er broer, Ber­tie Ja­cobs, wat in S­prings woon.

Hy het Woens­dag met haar ge­praat.

“Sy sê dit gaan goed. Sy is ’n baie sterk vrou, maar ’n tronk is mos nie ’n jo­ke nie.”

Ma­rie­tjie word in die vrou­e­af­de­ling van die Beau-Bas­sin­t­ronk in Port Lou­is aan­ge­hou.

“Sy sit al so lank so on­no­dig daar,” sê Ja­cobs.

Hy sê die dood van haar stief­dog­ter, Mun­do­le­ne, was ’n tra­gie­se on­ge­luk en sy ver­dien glad nie wat met haar ge­beur het nie.

Ma­rie­tjie, Mun­do­le­ne, Mi­ke Vos­loo, haar pa, en haar twee boe­ties van 11 en 15 jaar oud het in Ok­to­ber ver­le­de jaar by die Ho­tel Riu C­re­o­le in Le Mor­ne, Mau­ri­ti­us, oor­ge­bly.

Mun­do­le­ne en Ma­rie­tjie het by die swem­bad ge­stry, ver­moe­de­lik om­dat daar nie ge­noeg hand­doe­ke was nie,

Ma­rie­tjie het glo haar stief­dog­ter met ’n glas ge­gooi.

Die twee het na be­we­ring la­ter weer ’n woor­de­wis­se­ling ge­had. Ma­rie­tjie het Mun­do­le­ne glo ge­klap en die mei­sie het in­me­kaar­ge­stort.

Ja­cobs sê hy kan steeds nie glo dat so iets met sy jon­ger sus­ter kon ge­beur nie.

“’n Mens sien sul­ke goed al­tyd op TV, maar ek kan nie glo dit het werk­lik ge­beur nie.”

Ma­rie­tjie word van straf­ba­re man­slag aan­ge­kla. Sy is borg­tog ge­wei­er om­dat sy geen fa­mi­lie of ’n per­ma­nen­te a­dres op die ei­land het nie.

Ja­cobs sê daar is baie an­der Suid-A­fri­kaan­se vroue saam met haar in die Beau-Bas­sin­t­ronk. Sy en een van die vroue het be­vriend ge­raak.

Vol­gens hom ver­tel Ma­rie­tjie nie veel van die om­stan­dig­he­de nie, be­hal­we dat sy “heel­dag bin­ne moet bly”.

Ma­rie­tjie bel hom ge­woon­lik om­dat haar fa­mi­lie haar glad nie mag bel nie. “Die op­roe­pe is maar kort. Dis ge­woon­lik so tien mi­nu­te lank,” sê Ja­cobs.

Haar regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Za­red­hin Jaun­baccus van die regs­hul­praad in Mau­ri­ti­us, het Woens­dag ge­sê die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging op die ei­land “moet nog be­sluit of ’n for­me­le saak teen haar ge­o­pen word of nie”.

Hy kon nie die be­sluit neem voor­dat die ge­reg­te­li­ke on­der­soek af­ge­han­del is nie, maar het nou die no­di­ge ver­slae ge­kry. “Dit kan eers vol­gen­de maand wees, maar ek sal pro­beer dat dit vin­ni­ger ge­beur.”

Fo­to: FACEBOOK

Mi­ke Vos­loo en sy kin­ders Mi­gue­le en Mun­do­le­ne op die vlieg­tuig op pad na Mau­ri­ti­us.

Fo­to: FACEBOOK

Ma­rie­tjie Vos­loo

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.