Mej. SA daag al­mal om te kom help

Beeld - - Nuus - Car­ryn­Ann Nel

De­mi-Leigh Nel-Pe­ters, Mej. Suid-A­fri­ka, daag al­le Suid-A­fri­ka­ners om haar vol­gen­de week by ’n sop­kom­buis te kom help.

Nel-Pe­ters was die af­ge­lo­pe week in die nuus oor die hand­skoe­ne wat sy ge­dra het toe sy kos aan kin­ders by ’n lief­da­dig­heids­ge­leent­heid in So­we­to uit­ge­deel het.

Ver­skeie men­se het dit in hul twiets as ras­sis­ties en ’n be­le­di­ging be­skou en die huts­merk #MissSA was een van die ge­wild­ste be­spre­kings­pun­te op T­wit­ter.

Nel-Pe­ters het in re­ak­sie hier­op ver­dui­de­lik dat sy, as­ook die an­der vry­wil­li­gers, hand­skoe­ne ge­dra het om­dat hul­le met kos ge­werk het.

“Ek wil net iets uit­klaar: Al­le vry­wil­li­gers op die per­seel het van­dag hand­skoe­ne ge­dra om­dat ons eer­lik­waar ge­dink het dis die reg­te ding om te doen wan­neer jy met kos werk en ter­wyl jy kos aan jong kin­ders uit­deel.

“Dit was ons e­nig­ste be­doe­ling met die dra van die hand­skoe­ne – om so hi­gi­ë­nies as moont­lik te wees.”

In ’n vi­deo van 13 se­kon­des wat Don­der­dag op T­wit­ter ge- plaas is, sê sy: “Hal­lo al­mal, so #MissSAC­hal­len­ge.

“Hier is my uit­da­ging aan jul­le.

“Sluit vol­gen­de Woens­dag by my aan by die Maslow-sop­kom­buis-uit­rei­kings­veld­tog. Be­son­der­he­de sal volg.”

Sy ein­dig dan die vi­deo waar sy ’n soen­tjie blaas in die rig­ting van die ka­me­ra – hand­skoe­ne en al.

Beeld NUUS 7

De­mi­Leigh Nel­Pe­ters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.