Uit­ge­spro­ke K­ho­za in pe­kel

S­weep vra op­tre­de

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

’NUit­ge­spro­ke se­ni­or par­le­ments­lid van die ANC wat nie in die be­plan­de mo­sie van wan­troue teen pres. Ja­cob Zu­ma vol­gens kou­kus­rig­ly­ne wil stem nie, is in die sop by die par­ty.

Jack­son Mt­hem­bu, hoof­sweep van die ANC se par­le­men­tê­re kou­kus, het Vry­dag ’n strie­men­de aan­val ge­doen op dr. Mak­ho­si K­ho­za en ge­vra daar moet teen haar op­ge­tree word.

Die ANC-kou­kus het vroe­ër reeds ge­sê hy sal nie met só ’n mo­sie die op­po­si­sie steun nie.

Mt­hem­bu het in ’n ver­kla­ring ge­sê die ANC het ken­nis ge­neem van K­ho­za se “pu­bli­si­teits­veld­tog” die af­ge­lo­pe week waar­in sy ge­sê het sy sal nie die ANC-kou­kus se voor­skrif­te oor dié saak volg nie.

“In haar tal­le on­der­hou­de be­vraag­te­ken sy dit of ANC-LP’s die no­di­ge mo­ra­li­teit het om vir hul­self te be­sluit. Ons neem aan­stoot daar­teen om­dat dit die ka­li­ber van ons par­le­ments­le­de be­vraag­te­ken,” sê Mt­hem­bu.

Die ANC se s­weep is ook on­ge­luk­kig om­dat hy deur die me­dia moes hoor K­ho­za het ’n brief aan Ba­le­ke M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, oor die mo­sie van wan­troue ge­skryf.

Sy moes die ANC daar­van in ken­nis ge­stel het, sê Mt­hem­bu.

Hy sê die par­ty ver­oor­deel ook K­ho­za se eie me­di­a­kon­fe­ren­sie wat sy ty­dens die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie by Nas­rec in Jo­han- nes­burg dié week ge­hou het

Sy was daar baie kri­ties oor die ANC en sy lei­er­skap en het ge­waar­sku die par­ty is be­sig om “dood te bloei”.

“Ek het ’n mo­re­le twis met die ANC. Hoe kan Ja­cob Zu­ma die in­ter­ne pro­ble­me (in die ANC) op­los as hy hom­self nie dis­si­pli­neer nie,” het sy vol­gens die web­werf Huf­f­post SA ge­sê.

Mt­hem­bu sê K­ho­za is as ’n lid van die ANC se par­le­men­tê­re kou­kus na die kon­fe­ren­sie ge­nooi en het teen voor­skrif­te op­ge­tree deur aan “pa­ral­lel­le ak­ti­wi­tei­te” hier deel te neem wat niks met die be­leids­kon­fe­ren­sie te ma­ke ge­had het nie.

“Ka­me­raad K­ho­za be­weer ook sy word nie toe­ge­laat om haar me­ning in ANC-kou­kus­ver­ga­de­rings te lug nie. Dit is be­slis nie waar nie. Sy en an­der le­de van die kou­kus is nog nooit ge­keer om hul me­nings in kou­kus­ver­ga­de­rings te lug nie. In­teen­deel, ka­me­raad K­ho­za praat ge­reeld in die kou­kus en spreek haar me­ning uit oor ver­skeie sa­ke.”

Jack­son Mt­hem­bu

Dr. Mak­ho­si K­ho­za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.