Lei­ers­ver­kie­sing in ge­drang oor ‘vals ANC­le­de’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

E­nig­ie­mand met be­son­der­he­de van die ver­val­sing van ANC-lid­maat­skap moet ge­loof­waar­di­ge in­lig­ting ver­skaf so­dat op­ge­tree kan word, sê die ANC in K­waZu­lu-Na­tal.

Die par­ty on­der­soek be­drog met lid­maat­skap in vier pro­vin­sies, K­waZu­lu-Na­tal, die Oos-Kaap, Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga, het Mail & Gu­ar­di­an gis­ter be­rig.

Lui­dens die be­rig is tot 200 000 ANC-lid­maat­skap­vorms net in K­waZu­lu-Na­tal glo ver­vals.

An­der be­weer­de voor­val­le van be­drog sluit in die ge­bruik van vals na­me, die kloon van bankstem­pels en dat ban­ke met se­ke­re ANC-le­de saam­span.

Z­we­li Mk­hi­ze, die ANC se te­sou­rier-ge­ne­raal, het aan die koe­rant ge­sê die ANC on­der­soek die moont­lik­heid van sa­me­span­ning tus­sen bank­amp­te­na­re en ANC-le­de, as­ook die “groot­maat-aan­ko­pe” van lid­maat­skap.

Mk­hi­ze sê die par­ty be­skou die kwes­sie in ’n baie erns­ti­ge lig.

Die ANC se lei­ers­kon­fe­ren­sie in De­sem­ber, waar nu­we lei­ers ver­kies sal word, is op die spel, aan­ge­sien die groot- te van die af­vaar­di­gings na die ge­leent­heid op die ge­ou­di­teer­de lid­maat­skap­sy­fers ge­grond sal wees.

Die groot­te van el­ke af­vaar­di­ging sal deur­slag­ge­wend wees in die uit­slag van die ver­kie­sing, wat on­der meer sal be­paal wie uit­ein­de­lik pres. Ja­cob Zu­ma as ANC-lei­er op­volg.

Die ANC in K­waZu­lu-Na­tal het in ’n ver­kla­ring ge­sê die lid­maat­skap-ou­dit­pro­ses waar­mee G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC, be­sig is, het tot dus­ver slegs vyf van hul 11 stre­ke ge­dek.

“Nóg ’n voor­lo­pi­ge nóg ’n fi­na­le ver­slag is aan die pro­vin­si­a­le se­kre­ta­ris, ka­me­raad Su­per Zu­ma, be­skik­baar ge­stel.

“Ons doen dus ’n be­roep op e­nig­ie­mand met be­wy­se van vals lid­maat­skap om met ge­loof­waar­di­ge be­son­der­he­de na vo­re te kom so­dat ge­pas­te stap­pe ge­doen kan word,” lui die ver­kla­ring.

“Die ANC se pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee sal tug­stap­pe teen e­nig­ie­mand doen wat be­trok­ke was by die ma­ni­pu­le­ring van ons lid­maat­skap­re­kords vir self­sug­ti­ge doel­wit­te.”

Mk­hi­ze kon nie gis­ter vir kom­men­taar be­reik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.