Ha­ne­kom plaas 3 vi­deo’s van ‘fak­sies’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

De­rek Ha­ne­kom, oud­mi­nis­ter van toe­ris­me, het T­wit­ter gis­ter aan die gons ge­had na­dat hy drie vi­deo’s ge­plaas het van “be­spre­kings deur fak­sies” ten ty­de van die pas af­ge­lo­pe ANC-be­leids­kon­fe­ren­sie.

In een van die twiets wat Ha- nek­om Woens­dag­aand saam met een van die vi­deo’s ge­plaas het, sê hy: “Ek kan stil­bly, maar die waar­heid oor wat aan die gang is, moet bloot­ge­lê word.”

In dié vi­deo, wat ge­neem is op ’n skyn­baar im­promp­tu-ver­ga­de- ring by Nas­rec in Jo­han­nes­burg, waar die kon­fe­ren­sie plaas­ge­vind het, kri­ti­seer ’n ANC-af­ge­vaar­dig­de Joel Nets­hi­ten­z­he, lid van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee, se aan­kon­di­ging Dins­dag dat die ANC die term wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal ver­werp.

Vol­gens Huf­fing­ton Post SA is dit Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, pre­mier van Noord­wes.

Ha­ne­kom, lid van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee en voor­sit­ter van die par­ty se na­si­o­na­le tug­ko­mi­tee, het by na­vraag ge­wei­er om kom­men­taar oor die vi­deo’s te le­wer.

“Ek wil nie kom­men­taar le­wer nie. Ek ge­bruik so­si­a­le me­dia en hoef nie te ver­dui­de­lik wat ek daar­op plaas nie. Ek plaas ver­skil­len­de goed, soos mooi fo­to’s van Ta­fel­berg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.