Wild­pry­se is te laag, sê P­ha­sa

Tal­le jag nie vir tro­feë, wel vir vleis en bil­tong

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens Vol­gens die Pro­fes­si­o­ne­le Jag­ters­ver­e­ni­ging van Suid­A­fri­ka moet wild nie te goed­koop aan­ge­bied word op jag­tog­te nie.

‘Ons moet op­hou om ons wild ‘ver­niet’ weg te gee.” So sê D­ries van Col­ler, pre­si­dent van die Pro­fes­si­o­ne­le Jag­ters­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (P­ha­sa), wat meen wild­pry­se is op die oom­blik te laag.

Vol­gens hom be­staan daar ’n wan­per­sep­sie dat die mees­te jag­ters net tro­feë wil jag. “Trou­ens, daar is baie jag­ters wat net vir vleis wil jag, of dit vir vars vleis of bil­tong is.”

Wild soos koe­does moet vol­gens hom dus nie on­der­skat word wan­neer pro­fes­si­o­ne­le jag­ters jag­tog­te aan­bied nie.

Die bood­skap by ’n saam­trek gis­ter van ver­skeie rol­spe­lers in die wild­be­dryf by Cas­t­le de Wildt bui­te Mo­di­mol­le in Lim­po­po was dat die wild­be­dryf in Suid-A­fri­ka sal moet ver­nu­we om te ver­se­ker dat dit vol­hou­baar bly.

Ri­chard York, ’n wild­te­ler, het ge­sê in­dien die be­dryf nie her­skep word nie, kan dit die­self­de pad stap as die BlackBer­ry-sel­foon­groep, wat nog tot on­langs toe een van die voor­lo­pers met sel­fo­ne was en nou ’n ge­rin­ge mark be­dien.

Van die pro­ble­me in die wild­be­dryf is dat pry­se vir die­re af- neem en die kos­te van voer skerp styg.

Vol­gens York moet wild­boe­re tus­sen 60% en 70% van hul kud­de vir jag be­skik­baar stel.

Lim­po­po is die pro­vin­sie waar die wild- en jag­be­dryf op sy sterk­ste is.

Lui­dens die nuut­ste sta­tis­tie­ke is 58% van bui­te­land­se jag­ters wat vir tro­fee­jag na SuidA­fri­ka kom A­me­ri­ka­ners. De­ne­mar­ke (7,2%), Duits­land (3,3%), S­pan­je (2,9%), Ka­na­da (2,7%) en S­we­de (2,3%) is naas A­me­ri­ka die lan­de van waar die mees­te bui­te­land­se jag­ters kom om spe­si­fiek vir tro­feë te jag.

“Daar moet nog meer op bui­te­land­se jag­ters ge­fo­kus word om hier te kom jag,” het York ge­sê.

Suid-A­fri­ka het in 2015 R1,740 mil­jard se in­kom­ste uit die wild­teel­be­dryf ge­kry.

Van Col­ler sê hoe­wel die jag­be­dryf groot in­kom­ste ver­se­ker, is dit ’n jam­mer­te dat die re­ge­ring nie die jag­be­dryf steun nie, ver­al by in­ter­na­si­o­na­le jag­by­een­koms­te.

’n Groot klag­te van bui­te­land­se jag­ters is dat wild­pla­se in Suid-A­fri­ka om­hein is. Dit laat hul­le glo voel of daar af­breuk ge­doen word aan die i­dee van die oop veld in A­fri­ka.

A­dri Kits­hoff-Bo­tha van Wild­be­dryf Suid-A­fri­ka be­aam dit en sê daar is groot me­de­din­ging in die bui­te­land om jag­ters te lok. Dit kan be­pa­lend wees of hul­le Suid-A­fri­ka kies as hul vol­gen­de jag­be­stem­ming.

“Ons moet po­si­tief bly oor die wild­be­dryf en glo dat die hui­di­ge pro­ble­me uit­ge­sor­teer sal word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.