Nu­we s­tra­te­gie no­dig vir be­wa­ring

Beeld - - Nuus - Al­za­ne Nar­rain

Die dras­tie­se af­na­me in die ge­ne­tie­se va­ri­a­sie van swart­re­nos­ters wys die be­wa­ring­stra­te­gie moet ver­an­der word om die spe­sie teen uit­ster­wing te be­skerm, het ’n groep na­vor­sers be­vind.

Die oor­bly­wen­de be­vol­king het vol­gens die stu­die ’n ver­stom­men­de 69% van sy ge­ne­tie­se va­ri­a­sie ver­loor, het die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Die na­vor­sers van die UV en die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Die­re­tuin be­klem­toon dat swart­re­nos­ters op die rand van uit­wis­sing is.

44 van 64 ge­ne­tie­se af­stam­me­lin­ge be­staan nie meer nie, sê prof. An­toi­net­te Kot­ze, be­stuur­der van na­vor­sing en we­ten­skap­li­ke diens­te by die die­re­tuin en ’n ge­ne­ti­kus aan die UV.

Die na­vor­sers het DNS-mon­sters wat van mu­seums van oor die wê­reld heen ge­kry is met die DNS van le­wen­de die­re in die na- tuur ver­ge­lyk.

Die DNS-mon­sters wat van mu­seums ge­kry is, kom uit die vel en DNS is uit die weef­sel en mis van die­re in die na­tuur ont­trek.

Die na­vor­sers het mi­to­chon­dri­a­le DNS ge­bruik.

Die stu­die het ge­wys twee af­son­der­li­ke be­vol­kings kom weers­kan­te van die Zam­be­zi­ri­vier voor.

Dr. De­si­re Dal­ton van die die­re­tuin sê die be­vol­kings moet af­son­der­lik be­stuur word om hul ge­ne­tie­se di­ver­si­teit te be­waar.

Die da­ta dui daar­op dat die toe­koms van swart­re­nos­ters don­ker is maar die na­vor­sers het groe­pe swart­re­nos­ters ge­ï­den­ti­fi­seer waar­van die be­wa­ring voor­keur moet kry om­dat hul­le ’n be­ter kans bied om die spe­sie van uit­ster­wing te red.

Hul­le be­klem­toon dat groot­skaal­se re­nos­ter­stro­pe­ry die ge­ne­tie­se di­ver­si­teit van swart­re­nos­ters on­der selfs gro­ter druk plaas.

Die stu­die het ge­wys dat swart­re­nos­ters in baie de­le van A­fri­ka, soos Ni­ge­rië, Tsjad, Ka­me­roen, Soe­dan en E­thi­o­pië, uit­ge­wis is.

Dié re­nos­ters word nou net in vyf A­fri­ka-lan­de aan­ge­tref. Dit is Ke­nia, Tan­za­nië, Zim­bab­we, Na­mi­bië en Suid-A­fri­ka, waar die mees­te voor­kom.

Dal­ton sê die ver­lies van ge­ne­tie­se di­ver­si­teit kan ook swart­re­nos­ters se ver­moë om by kli­maats­ver­an­de­rin­ge aan te pas, in die ge­vaar stel.

Na­vor­sing toon dat daar oor die be­wa­ring­stra­te­gie vir swart­re­nos­ters her­be­sin sal moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.