Reu­se­by­een­koms oor droog­te vir Kaap­stad in 2018

Beeld - - Nuus - – News24

Die Kaap­se me­tro­raad gaan vol­gen­de jaar een van die wê­reld se groot­ste wa­ter­ver­lies­kon­fe­ren­sies aan­bied.

Tim Har­ris, uit­voe­ren­de hoof van die Wes-Kaap­se han­dels­be­vor­de­rings­a­gent­skap Wes­gro, sê meer as 500 ver­teen­woor­di­gers uit meer as 50 lan­de gaan na ver­wag­ting aan die In­ter­na­si­o­na­le Wa­ter­ver­e­ni­ging se wa­ter­ver­lies­kon­fe­ren­sie deel­neem.

Die kon­fe­ren­sie sal van 7 tot 9 Mei by die Cen­tu­ry Ci­ty-kon­fe­ren­sie­sen­trum en -ho­tel aan­ge­bied word.

Vlak 4B-wa­ter­be­per­kings is tans in Kaap­stad van krag ter­wyl die stad ge­buk gaan on­der die erg­ste droog­te in die af­ge­lo­pe 100 jaar. El­ke in­wo­ner mag slegs 87 li­ter per dag ge­bruik.

“Die kon­fe­ren­sie sal ’n ge­leent­heid bied om in­sig­te te deel en vir moont­li­ke sa­me­wer­king om vol­hou­ba­re op­los­sings op lang ter­myn vir een van ons groot­ste uit­da­gings te vind, nie net vir die Kaap nie, maar ook vir an­der wê­reld­de­le,” sê Har­ris.

Pa­tri­cia de Lil­le, Kaap­se bur­ge­mees­ter, meen die kon­fe­ren­sie sal die stad help om sy doel­wit te be­reik om wa­ter­le­wens­krag­tig te word, so­dat in­wo­ners en die e­ko­no­mie by die droog­te­toe­stan­de kan aan­pas.

“Ons po­si­si­o­neer Kaap­stad as die ‘i­dees-hoof­stad’ van A­fri­ka, waar dit pre­sies hier­die soort ge­beur­te­nis­se is wat ons wil lok, so­dat die stad die mid­del­punt word waar goeie i­dees vir die he­le wê­reld be­spreek en uit­ge­voer kan word,” sê sy.

Tim Har­ris

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.