C­hi­rur­gie son­der ’n skal­pel

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

B­rein­chi­rur­gie son­der ’n skal­pel wat ge­was­se met ui­ter­se pre­si­sie kan tei­ken, is nou in Suid-A­fri­ka moont­lik.

Drie pa­si­ën­te is trou­ens al met die nu­we Gam­ma K­ni­fe I­con by die Ne­t­ca­re Mil­park­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg be­han­del.

Die ma­sjien kan ook vir Par­kin­son se siek­te en an­der neu­ro­lo­gie­se siek­tes help.

Dr. Mau­ri­zio Zo­rio sê die pro­se­du­re is heel­te­mal pyn­loos.

Die ma­sjien her­in­ner aan ’n MRI-skan­deer­der en gee mi­kro­be­stra­ling aan die spe­si­fie­ke de­le.

“Dit is ver­al be­lang­rik in die brein om­dat die se­nu­wee­sel­le dig is en daar mi­ni­ma­le ska­de met die be­han­de­ling is.”

Hy sê by­kans e­ni­ge deel in die brein en nek of vas­ku­lê­re ab­nor­ma­li­tei­te in die brein kan met die fyn­ste pre­si­sie be­han­del word.

So­wat 400 men­se kan per jaar kan vol­gens Zo­rio be­han­del word.

’n Een­ma­li­ge be­han­de­ling duur so­wat 90 mi­nu­te en kan net so suk­ses­vol wees soos ope b­rein­chi­rur­gie, maar met baie min­der ri­si­ko’s dank­sy mi­ni­ma­le ska­de aan ge­son­de weef­sel. Gro­ter ge­was­se kan meer as een keer be­han­del word.

Dit kan ook ge­bruik word vir ver­groei­sels in die bin­ne­oor wat ba­lans be­ïn­vloed en die be­han­de­ling van tri­ge­mi­nus-neu­ral­gie, ’n chro­nie­se toe­stand wat er­ge pyn in die ge­sig ver­oor­saak.

Me­la­nie T­hom­son van Jo­han­nes­burg het dié toe­stand al agt jaar lank. Die pyn in haar kaak, wang en kop kom skie­lik en ná ’n o­pe­ra­sie ver­le­de jaar het sy ty­de­lik ver­lig­ting ge­kry, maar dit het te­rug­ge­keer. Sy het nou be­han­de­ling met die Gam­ma K­ni­fe I­con ge­kry.

“Tyd sal leer of die nu­we be­han­de­ling suk­ses­vol was, maar ek hoop op ’n po­si­tie­we uit- Dr. D­heer­en­dra Pra­sad, neu­ro­chi­rurg en be­stra­lings­on­ko­loog van die Ros­well Park­kan­ker­in­sti­tuut in New York, die on­ko­loog dr. Syl­via Ro­dri­gue, Me­la­nie T­hom­son, een van die eer­ste drie men­se wat by die Ne­t­ca­re Mil­park­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg met die Gam­ma K­ni­fe I­con be­han­del is, en die neu­ro­chi­rurg dr. Frans Swart. koms,” sê T­hom­son.

Da­leen Meis­sen­hei­mer, ’n ver­pleeg­sus­ter van Bloem­fon­tein, het ’n neu­ro­lo­gie­se toe­stand wat haar han­de erg laat be­we so­dra sy iets wil doen.

Vol­gens die ver­kla­ring sal sy die voor­de­le van die eer­ste be­han­de­ling bin­ne drie maan­de er­vaar. Die be­han­de­ling sal oor ’n jaar her­haal word.

Re­net Kot­ze van Jo­han­nes­burg het een og­gend doof in een oor wak­ker ge­word. Daar was ’n ge­was wat op die se­nu­wee ge­druk het wat die bin­ne­oor met die brein ver­bind. Tra­di­si­o­ne­le sny­kun­de was nie suk­ses­vol nie. Sy kon daar­na steeds nie hoor nie en die ge­was het weer ge­groei.

“Ek weet nog nie wat om te ver­wag nie, maar ek gaan eer­der deur 300 van dié be­han­de­lings as een 17 uur lan­ge o­pe­ra­sie,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.