Nu­we teg­niek be­kyk teen ko­lon­kan­ker

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die ti­pie­se We­ster­se di­eet wat baie vet be­vat, speel ’n rol in die ont­wik­ke­ling van ko­lon­kan­ker.

’n Swak di­eet, as­ook oor­erf­lik­heid, word ver­bind met ko­lo­rek­ta­le kan­kers, maar die sein­ba­ne in die brein wat di­eet daar­mee ver­bind, was nog nie be­kend nie.

Nou het die C­le­ve­land-kli­niek in A­me­ri­ka van­dees­week na­vor­sing in die vak­joer­naal Stem Cell Re­ports ge­pu­bli­seer wat wys dat ’n di­eet met on­ge­son­de hoë vlak van vet kan­ker in mui­se kan ver­oor­saak. Daar is eg­ter geen mel­ding ge­maak van ’n di­eet met min kool­hi­dra­te of die Ban­ting-di­eet nie.

Dr. Mat­thew Ka­la­dy, na­vor­ser in ko­lo­rek­ta­le kan­ker by die kli­niek, het in ’n ver­kla­ring ge­sê: “Ons het ge­weet van die in­vloed van di­eet op ko­lo­rek­ta­le kan­ker. Maar dié be­vin­dings is die eer­ste wat die ver­bin­te­nis tus­sen vet en ko­lon­kan­ker deur ’n spe­si­fie­ke mo­le­ku­lê­re sein­baan wys.

“Ons kan nou hier­op voort­bou om nu­we be­han­de­lings te ont­wik­kel om dié sein­baan te blok­keer so­dat die ne­ga­tie­we im­pak van die ho­ë­vet­di­eet ver­min­der kan word.”

Die na­vor­sing het ge­toon dit is ’n spe­si­fie­ke sel­lu­lê­re sein­baan (JAK2-STAT3) wat reeds be­kend is dat dit die groei van ge­was­se aan­vuur.

Toe dié sein­baan in die toets­mui­se ver­sper is, het die groei van die kan­ker in die ho­ë­vet­di­eet ook af­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.