Ope brief aan An­ne­lie Bo­tes: ‘Jy praat on­sin’ Nee, meestal kan ’n mens nié jou de­mo­ne aan­kyk “son­der pil­le” nie, skryf in ’n ope brief aan die skry­wer An­ne­lie Bo­tes na aan­lei­ding van haar ru­briek oor de­pres­sie.

Beeld - - Nuus - B­rits is Net­werk24 se we­ten­skap­ver­slag­ge­wer. El­sa­bé B­rits

Tja, An­ne­lie Bo­tes, so maak ’n mens – jy loop kaal­voet na die Van S­ta­dens­ri­vier­brug “om soos ’n vlerk­lo­se a­rend daar af te duik”.

Mooi woord­jies om die on­be­skryf­ba­re pyn van self­dood so be­koor­lik te laat klink. Am­per soos ’n sto­rie wat nie be­staan nie. Met so­veel min­ag­ting.

Bo­tes re­ken die mo­ti­ve­ring vir die self­dood of, soos sy dit stel “. . . om soon­toe te loop en jou­self te plet­ter te duik”, is “ver­bit­te­ring, te­leur­stel­ling, woe­de, ver­raad of ont­wor­te­ling”.

Dan, die ver­doem­de slag wat aan mil­joe­ne men­se ver­tel hul­le is swak­ke­lin­ge: “En an­ti­de­pres­san­te en kal­meer­pil­le is dik­wels net ’n om­sei­ling van die haak­plek. Sul­ke koek­sels moet jy nooit pro­beer los­tor­ring deur brie­send-ie­se­grim­mig aan die wol te pluk nie – dit sal die koe­ke net sty­wer trek.”

Die op­los­sing, die “me­di­sy­ne”, vol­gens haar, is bak en brou, tuin­maak, skoon­maak en vo­ël­tjies na jou tuin lok. Bly net be­sig. So ver­dwyn jou de­pres­sie son­der e­ni­ge me­di­ka­sie.

Want sien, eint­lik is dit jou skuld dat jy de­pres­sie het, want jy bly nie be­sig nie. Koek­sels?

In my le­we het ek lank­laas sul­ke on­ver­dun­de, lou­ter on­in­ge­lig­te twak ge­lees. Ek sou ge­lag het as dit nie was dat dit so­veel ska­de aan­rig nie.

En nee, sul­ke on­sin kan nie as ’n “on­skul­di­ge me­ning” be­stem­pel word nie. Dit is nie, dit is dis­in­for­ma­sie.

Dit is vreemd hoe self­aan­ge­stel­de leun­s­toel­ken­ners a­nek­do­tie­se raad oor psi­gi­a­trie­se siek­tes sal gee, maar geen woord sal rep oor kan­ker, di­a­be­tes of as­ma nie. “Het jy as­ma? Ag nee man, gooi weg die pom­pie! Haal net diep a­sem of kook kos!”

Net soos e­ni­ge an­der chro­nie­se siek­te is ’n psi­gi­a­trie­se toe­stand ’n werk­li­ke siek­te. Angs, bi­po­lê­re siek­te, de­pres­sie (in ál sy vor­me) en ski­so­fre­nie is siek­tes van die che­mie van die brein. Jy móét me­di­ka­sie daar­voor ont­vang. Meestal vir die res van jou le­we.

Om vir men­se te ver­tel die me­di­ka­sie “om­seil ’n haak­plek” is hoogs on­ver­ant­woor­de­lik, dis­kri­mi­ne­rend en kweek stig­mas. Die kruks van die bood­skap is: “Jy sit aan. Jy’s nie reg­tig siek nie.”

Na­tuur­lik voel al­mal soms hart­seer, kwaad of ont­moe­dig. As dit nie so was nie, sou ons nie ge­weet het wat vreug­de was nie. Om hart­seer, “don­ker” of soms “traag” te voel, is nie ’n di­ag­no­se van de­pres­sie of angs nie. Dit is deel van die le­we.

Hier­die ti­pe oor­ver­een­vou­di­ging van wat soms le­wens­ge­vaar­li­ke simp­to­me kan wees, plaas men­se in ge­vaar en dit laat hul­le nog meer weg­kruip. Ook by die werk­plek.

Om nie me­di­ka­sie te neem nie, ver­woes men­se se le­we, dié van die een wat siek is en dié van men­se om hul­le.

Sien, men­se neem nie hap­py­pil­le nie. Me­di­ka­sie wat help om jou ge­moed te re­gu­leer, an­ti­de- pres­san­te of an­ti­psi­go­tie­se mid­dels maak ’n mens nie “hap­py” nie. As jy so ge­luk­kig is om die reg­te pil en/of kom­bi­na­sie te vind met die min­ste ne­we-ef­fek­te (ten duur­ste), laat dit jou net ge­lyk­ma­tig funk­si­o­neer. Jy hou kop bo wa­ter. Jy veg voort.

“Af­duik van ’n brug?” Bo­tes, het jy al vir een oom­blik ge­dink wat deur e­ni­ge mens se hart ge­gaan het in die we­ke, dae en oom­blik­ke voor­dat dit ge­beur? Dit moet die al­ler­vrees­lik­ste pyn wees. Hoe is daar­die mens se leef­wê­reld? Glo my, so ie­mand kan hom­self lank­al nie meer help moet koek­bak nie.

Dalk het dit tyd ge­word dat men­se wat on­deur­dag­te uit­spra­ke maak soos dat ’n mens jou “de­mo­ne kan aan­kyk son­der brûe of pil­le” ook aan­ge­kla word van ’n ti­pe dis­kri­mi­na­sie. P­leks van om hul­le eint­lik hard te slaan waar dit seer­maak, met ’n boe­te, kan hul­le ge­meen­skaps­diens gaan doen in psi­gi­a­trie­se hos­pi­ta­le en kli­nie­ke.

Dan kan hul­le self sien hoe lyk ie­mand wat pro­beer het om sy eie le­we te neem. Wan­neer niks meer help nie en ál uit­weg e­lek­tro­kon­vul­sie­te­ra­pie (skok­te­ra­pie) is. Sien hoe lyk dít.

Dalk kan hul­le saans oor­bly en die ge­lui­de van die nag er­vaar . . . Help om men­se te troos wat níks meer oor het nie. Help om deur die dik muur te breek van men­se wat net voor hul­le sit en staar.

Sien hoe men­se van al­le vlak­ke van die le­we hul­self weer van die grond moet op­tel, net om­dat hul­le ’n siek­te het waar­voor hul­le nie kan help nie. Sien hoe spoeg die sa­me­le­wing hul­le soos gif uit.

Want sien, daar ís die­ge­ne wat hul “de­mo­ne” in die ge­sig kyk. Met hul pil­le, el­ke dag. )

Fo­to: ISTOCK

Net soos e­ni­ge an­der chro­nie­se siek­te is ’n psi­gi­a­trie­se toe­stand ’n werk­li­ke siek­te. Angs, bi­po­lê­re siek­te, de­pres­sie (in ál sy vor­me) en ski­so­fre­nie is siek­tes van die che­mie van die brein – El­sa­bé B­rits.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.