Sing en leef jou eie don­ker­tes uit die pad in God se naam

Beeld - - Kommentaar -

Mau­ri­ce Ra­vel (1875-1937) was ’n be­lang­ri­ke Fran­se kom­po­nis, di­ri­gent en pi­a­nis. In die Eer­ste Wê­reld­oor­log was hy ’n vrag­mo­tor­be­stuur­der in die Fran­se le­ër. In hag­li­ke om­stan­dig­he­de moes hy voor­ra­de aan­ry vir sol­da­te in die loop­gra­we.

Op ’n dag het Ra­vel in ’n ge­ha­wen­de cha­teau aan­ge­land. Daar het ’n on­ge­skon­de kla­vier ge­staan.

Toe be­gin hy speel. In ’n oog­wink het die wreed­heid van die oor­log ver­damp in die sui­wer klan­ke van Ra­vel se vin­gers op die kla­wers.

Mis­kien is dit die kuns van die le­we – om selfs in die don­ker­ste plek­ke nu­we klan­ke te maak. Pau­lus het eeue te­vo­re te mid­de van sy eie ly­ding die­self­de ge­doen.

Hand. 16 ver­tel hoe hy en Sil­va­nus uit­me­kaar ge­slaan is oor hul ge­loof. Toe is hul­le in die mak­si­mum vei­lig­heid­sel ge­gooi. Na­dat hul­le by­kom, het Pau­lus ’n lof­lied be­gin sing tot eer van God. Dit was an­der klan­ke as waar­aan ge­van­ge­nes ge­woond was. Pau­lus moes eint­lik treur­lie­de­re ge­sing het, maar hy het ge­kies om lof­mu­siek te sing. Dit was mu­siek wat selfs God se hart aan­ge­raak het, so­veel so dat Hy die tronk se deu­re laat oop­swaai het. Pau­lus se lof, on­danks sy stuk­ken­de lyf en sy kra­ke­ri­ge stem, was daar­die aand he­mel­se tref­fer­mu­siek.

Leer by Pau­lus. Sing en leef jou eie don­ker­tes uit die pad in God se Naam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.