SMS’e

Beeld - - Kommentaar - – Ou­ma Lies – Ab­surd – Da­nie, Mid­stre­am – Har­ry, Or­kney – A van Pot­chef­stroom – Ma­ri­ët­ta, Cen­tu­ri­on – El­sa, El­do­rai­gne – Ma­kie­sa­kie Hugo, Lynn­wood Ma­nor – Wil­lie S­port­fa­na­ti­kus, Val de Gra­ce – Ou Joe – D­ries van Ma­fi­keng – Dou­lie, Cen­tu­ri­on – Ja­co­bus – Ri

VEk hul­dig Su­na Ven­ter met een van haar laas­te Facebook­bood­skap­pe: “So­me pe­op­le we­re for it and said it out loud and cle­ar, so­me pe­op­le we­re a­gainst it and ma­de it cle­ar­ly kno­wn, and so­me pe­op­le said no­thing at all. It is this group I st­rug­gle har­dest to f­or­gi­ve”, ver­wy­sen­de na men­se wat stil­bly oor die on­ge­reg­tig­heid wat ons land ver­woes.

VIs dit moont­lik dat ’n veg­ter soos Su­na Ven­ter aan ’n “ge­bro­ke hart” kon sterf ? Sy was dan so taai soos ’n ra­tel! Ek sluk swaar aan die oor­saak van haar on­ty­di­ge af­ster­we.

VHoe­kom het pres. Ja­cob Zu­ma 20 lyf­wag­te no­dig om hom te be­skerm, en die res van die land se bur­gers moet self sien kom klaar? Ons be­taal dui­sen­de ran­de vir be­sker­ming by ons hui­se en be­sig­he­de en hy kry dit al­les ver­niet.

VDe­mi­Leigh Nel­Pe­ters, Mej. SA, doen won­der­li­ke lief­da­dig­heids­werk on­der al­le ras­se. Hoe­kom moet som­mi­ge men­se al­tyd ras­sis­me in die on­skul­dig­ste ge­baar sien?

VVer­dui­de­lik as­se­blief waar­om He­len Zil­le se kom­men­taar oor ko­lo­ni­a­lis­me on­aan­vaar­baar is, maar De­an Hut­ton se kuns­werk “F­k W­hi­te Pe­op­le” is toe­laat­baar?

VBou­wer Bosch sê wat baie voel, maar te pap­broe­kig is om te er­ken. Bou­wer, moe­nie jou steur aan die­ge­ne wat jou wil krui­sig nie. Jy het ’n paar men­se laat wak­ker skrik!

VWil Bou­wer Bosch en som­mer al hier­die an­der san­gers en ak­teurs nie maar net En­gels praat nie? Jul meng van En­gels en A­fri­kaans is plat­vloers.

VBou­wer Bosch, dit help nie­mand om po­li­ties kor­rek te wees nie. Swart men­se het in elk ge­val niks re­spek vir swak­ke­lin­ge soos jy wat jou eie ras en volk ver­raai en ver­ne­der nie!

VE­li­ze van S­prings, jy is die een wat ge­ïn­dok­tri­neer is. Hoe waag jy dit om te dink die Broe­der­bond was net sleg? Hul­le was ’n groep be­kwa­me mans wat in hul vrye tyd nie net die A­fri­ka­ner nie, maar die he­le Suid­A­fri­ka op­ge­hef het. –

VDan­kie, Wim P­re­to­ri­us, vir jou uit­ste­ken­de be­rig­ge­wing oor ons wê­reld­klas­at­le­te en die de­tail met die le­wen­di­ge uit­sen­dings.

VIn­dien die hof be­slis dat Ab­sa moet uit­haal en wys vir sy des­tyd­se red­dings­boei van R2 mil­jard van die re­ge­ring, dan moet die an­der be­guns­tig­des, wat ook ge­sken­kies ge­kry het, kom aan­tree. Ek ver­wys na A­fri­can Bank, die SAL, Trans­net en E­s­kom.

VNa­tuur­lik sal die po­li­sie nie die wa­pens wat in­ge­dien is te­rug­gee nie, want dis lank­al in die han­de van ro­wers en moor­de­naars.

VDit is ’n on­reg dat dit laat klink as­of Os­car Pis­to­ri­us vir Ree­va S­teen­kamp ge­tei­ken het, ter­wyl daar geen be­wy­se daar­voor is nie. Hy is skul­dig be­vind om­dat hy na ’n deur ge­skiet het waar­ag­ter hy ver­moed het daar men­se is. Pu­bli­seer ’n slag die ver­ba­le uit­spraak.

VDie SAID maan ons gaan lan­ger wag op be­las­ting­te­rug­be­ta­lings. Dis dalk wys om jou be­las­ting­op­ga­we op die laas­te dag van gra­sie in te dien – in­ge­val jy vir be­las­ting aan­spreek­lik be­vind word.

VJan Taks waar­sku dat die SAID van­jaar lan­ger gaan neem met te­rug­be­ta­lings. Hul­le gaan al­le op­ga­wes met ’n fyn­kam deur. Ek dink per­soon­lik hul­le het nie geld be­skik­baar vir die te­rug­be­ta­lings nie.

VDie mooi­ste woor­de gis­ter in was die op­skrif van Dee die pik­ke­wyn se doods­be­rig: “Mag jy in vre­de wag­gel, di­va Dee. . .” 011 713 9182, 011 713 9000; 012 485 9121, 012 485 9000 nuus@beeld.com.

Bou­wer Bosch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.